Die Weg

AMEN
Nel Bensop

(Afrikaanse vertaling deur Winy du Preez)

Nou alleen maar "Amen" sê
al is dit dalk gebroke en stom.....
dan jou hand in God s'n lê
en op weg gaan saam met Hom.

Nou alleen maar aanhou loop
in die voetspoor van jou Heer.
Aanhou stry en aanhou hoop,
wagtend op Sy wederkeer.

Nou alleen Sy woord vertrou:
"Altyd sal Ek met jou wees".
Soos 'n kind jou hande vou
en Sy getuie altyd wees.

Om al jou twyfel af te lê
en slegs maar "Amen" sê.

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css