Daar kom 'n dag
Sikko Landheer
Daar kom 'n dag waarop ek sterwe moet.
'n Dag waarop my oë breek,
waarop ek afskeid neem en groet,
waarop my mond 'n laaste woord sal spreek.
Daar kom 'n dag; ek kan dit nie bepaal,
waarop ek in die aarde word gelê.
(Ek hoop die son sal skyn en alle blomme straal,
en dat net enk'le woorde word gesê.)
Daar kom 'n dag waarop ek in mag gaan,
vol vrede in Gods heil'ge woning.
Waarop ek vol verwondering sal staan
in stralend' Lig, naby my God en Koning.
Daar kom 'n dag waarop Hy tot my sê:
"Kom in My kind, nou is jy waarlik vry.
Jou liggaam is wel in die aarde neergelê,
maar jy bly tot in ewigheid by My".
(Uit Nederlands vertaal)
Lees meer>>
Na bo
...........................................................................................................................................
Gebed vir my kinders
Geke Wiersma
Ek lê die name van my kinders in U hande.
Graveer Ú hul daarin met onuitwisbaar skrif.
Dat niks of niemand hul daaruit kan brand nie,
ook nie as satan hul soos koring sif.
Hou U my kinders vas as ek hul los moet laat
en laat U krag vir altyd bo hul swakheid staan.
U weet hoe eindeloos die wêreld hul sal haat
as hul nie met die wêreld saam wil gaan.
Ek vra U nie om hul verdriet te spaar,
maar wees U tog hul troos, as hulle eensaam is en bang.
Wil om U naam’s ontwil hul in U hand bewaar
en laat hul nooit van U vervreem nie, nooit, hul lewe lang!
Ek lê die name van my kinders in U hande.
Amen.
(Uit Nederlands vertaal)
Lees meer>>
Na bo
...........................................................................................................................................
RUS
Nel Bensop.
In hierdie stilte het U Self tot my gespreek.
Geen harde woorde of woorde van verwyt.
U het alleen met liefde my verset gebreek,
met troostend'sagte woorde my opstandigheid.
Nou gee ek U die roer o God en Vader,
ek het te lank my lewensskip gestuur.
Nadat ek dae en nagte in donkerte het getuur,
sien 'k in die verte nou U haweligte nader.
En in my hart sal ek U troostend' woord bewaar:
"Die eén dag toe jy al jou liefde gee vir My,
is in My Vaderoë meer as duisend jaar
en duisend jaar van sonde 's net een dag vir My".
(Uit Nederland vertaal)
Lees meer>>
Na bo
...........................................................................................................................................
AMEN
Nel Bensop
Nou alleen maar "Amen" sê
al is dit dalk gebroke en stom.....
dan jou hand in God s'n lê
en op weg gaan saam met Hom.
Nou alleen maar aanhou loop
in die voetspoor van jou Heer.
Aanhou stry en aanhou hoop,
wagtend op Sy wederkeer.
Nou alleen Sy woord vertrou:
"Altyd sal Ek met jou wees".
Soos 'n kind jou hande vou
en Sy getuie altyd wees.
Om al jou twyfel af te lê
en slegs maar "Amen" sê.
(UIt Nedrlands vertaal)
Lees meer>>
Na bo
...........................................................................................................................................
|