Die Weg

Hoofindeks

Allerlei

strepie

By die vrystelling van die nuwe webwerf – 5 April 2011
Lukas du Preez

Twee jaar gelede het ek met Dié Weg begin as ‘n troos vir myself na die dood van ons seun . Dit was ‘n moeilike tyd van pyn en hartseer. Die Weg het vertroosting gebring want dit was ‘n manier om my eie hartseer te ontlaai. Uit die terugvoering wat ek ontvang het, het dit egter duidelik geword dat ek nie alleen is nie, maar dat daar baie mense daarbuite is wat dieselfde pyn ervaar.  Die fokus het dus uiteindelik weg  van myself na ander mense met pyn en hartseer verskuif. Ek is dankbaar dat ek deur die Woord van God ook aan hulle ondersteuning in moeilike tye kon bied.  Ons enigste hoop in hierdie wêreld lê immers net by ons Here Jesus Christus wat deur die Heilige Gees vir almal van ons tot troos is.
 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Mensekinders eintlik vir ’n Hoër Gebou bestem
Susan Maré - Bethlehem

DIS ’n winderige Sondag in die voorsomer van 2009. Die sandstene in die muur van ’n gebou wat as ’n nasionale gedenkwaardigheid in Suid-Afrika verklaar is, is in droewige gesprek met mekaar. Sake van die dag. Terwyl die wind om die hoeke van die gebou loei en depressiewe melodieë uitween met die rookwolke van veldvure op die horison.

Almal weet hoekom die wind hierdie tyd van die jaar móét waai, maar vandag slaan die wind yskoud teen onwillige sandstene vas. As hulle stene van vlees en bloed was, het hulle gebibber. Die wind en die seisoene is egter deel van hul langsame verwering op ’n aarde wat net tydelik gegrondves is.
 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Lê die waarheid met betrekking tot die mens se bestaan opgesluit in ‘n varingblaar?

Die mens is ‘n soekende wese. Die dryfveer is die soeke na die waarheid van die lewe. Ons verken selfs die verste buitenste ruimtes om LEWE te probeer verklaar.  In ons soektog het ons altyd wetenskap en godsdiens van mekaar probeer skei.  Immers, daar was geen manier om die bestaan van God (of dan ‘n god) wetenskaplik te verklaar nie.  Ons moet egter verstaan dat die werklike kennis van die mens minimaal is.  Tot in die begin van die vorige eeu het ons nie eens besef dat daar enige verband tussen ruimte en tyd bestaan nie. Dit was  eers met Einstein se relatiwiteitsteorie dat nuwe horisonne letterlik vir ons oopgegaan het.   Ons is so gebonde aan ‘n wêreld  wat ons net met ons beperkte sintuie kan verklaar.  Die wiskunde bring daarenteen vir ons nuwe insig wat moeilik is om met ons beperkte vermoëns alleen te omvat. Met die gebruik van die redelik nuwe wetenskaplike ontdekking van fraktale in die natuur, kan ons nou nuwe betekenis gee aan die doel van ons lewe hier op aarde.
 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Is daar 'n hemel, en indien wel, waar?
Jan Brink

Paulus skryf in 2 Korinthiërs 12:2 (1983 vertaling) “Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel.” Die vraag is: wat is hierdie derde hemel?

Na vroeg-Joodse voorstelling bestaan die hemel uit drie vlakke. Die eerste hemel is dié gebied waar die wolke in voorkom. Dit is die atmosfeer soos ons hom ken. Die tweede hemel is die gebied waar die hemelliggame geplaas is (son, maan en sterre). Die derde hemel is in sy figuurlike sin verhewe bo die atmosfeer en die hemelliggame. Paulus noem dit ook die Paradys.

Voordat ons die hemel bespreek, moet ons eers ‘n kykie kry op wie en wat die mens werklik is.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

 

 

 

 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css