Die Weg

Hoofindeks

Kinders, Jeug en die gesin

strepie

Maak 'n hoopvolle kind groot
Wietske Boon

Ons kinders word nie in kokonne groot nie. Hulle leef in ons huise, hoor ons praat van geweld, beleef soms self geweld. Hulle toekoms ten opsigte van werksgeleenthede is baie onseker, sosiale druk is hoog en huislike omstandighede is dalk nie na wense nie. Hoe leer ’n mens jou kind van hoop? Van die wáre hoop in die Here?

Wat sê die Bybel oor hoop

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Kinders en die rouproses
Wietske Boon

Skok is die fisiese en emosionele reaksie wat ‘n persoon ervaar na ‘n traumatiese gebeurtenis plaasgevind het. Fisiese reaksies tot skok kan versnelde harttempo, sweet, angstigheid en bewerigheid insluit. Die persoon fokus net op wat gebeur het en ervaar die gebeurtenis as onwerklik.

Tydens onkenning is ‘n mens se denke van so aard dat jy nie kan glo en aanvaar dat iemand gesterf het nie.

‘n Gevoel van woede kan ervaar word teenoor die oorledene (omdat hy gesterf het), teenoor die persoon self (omdat hy dit nie kon keer nie) of teenoor God (omdat Hy toegelaat het dat die geliefde gesterf het).

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Groepsdruk
Wietske Boon

Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie!

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat ‘n positiewe invloed op jou gedrag het

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Vreemde invloede in die samelewing
Dr Dirkie de Wet

BASIESE INVLOEDSFERE: Ons kan basies van twee invloedsfere in die samelewing praat, die godsdienstige en die sekulêre invloedsfere. Die mate waarmee hierdie invloedsfere funksioneer of toegelaat word om invloed op die gesin uit te oefen, sal ook bepaal in watter mate die gesin gebou word, stagneer of verbrokkel. Die ouer, predikant, kategeet, onderwyser moet die jeug bewus maak van die vernietigende krag van die negatiewe en vreemde invloede in die samelewing en moet die Christelike waardes deur woord en daad aan die jeug kommunikeer om die negatiewe invloede teen te staan.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Die invloed van die televisie se programme op kinders
Wietske Boon

EK GROEI SOET.’ Is dit wat jy van jou kind sê wat voor die televisie grootword of ‘n gedeelte van die dag sonder toesig voor die televisie deurbring?  Is die programme wat jou kind kyk werklik so opvoedkundig of ontspannend?  Hier is ‘n paar riglyne waarvolgens jy die invloed wat televisieprogramme op jou kind het, kan meet:.
 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

 

 

 

 

 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css