Tuisbladsy
Wie is ons
Leeskamer
Uitsendings
Video's
Boeke
Forum
Kontak ons
 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
Spreuke 1:20/21

 

 

 

Geen Kommentaar

Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister.

Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos ‘n verganklike mens of soos voëls of diere of slange. Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle hulle liggame onder mekaar onteer.

Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.

Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.

Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers; hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig.

Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.

(Êrens in die Bybel)

 


 

 

Die Leeskamer bevat artikels oor 'n verskeidenheid van onderwerpe

 

Indeks van artikels op hierdie bladsy

Om Satan se greep te breek en te oorwin
Waarom 'n gemeente?
Pascal se weddenskap
Die Here is in beheer
Hoe bid ons?
Ons Verhouding met God soos deur Sy Wet bepaal
Christus is!
Is daar enige verband tussen die Christelike godsdiens en die antieke heidense kultusse?
Het dit sin om God te dien?
Verskrompel, maar nie verbrand
Tevredenheid
Swaarkry - Jou weg deur die lewe
Die waarheid agter Jesus Christus
Die boodskap van die Kruis - Onsin vir dié wat verlore gaan.
Niks is vir God onmoontlik nie
Mensekinders eintlik vir 'n Hoër Gebou bestem
RUS
Die merk van die dier is hier in 2010
Vervulling van 'n profesie
AMEN
Tree vir tree
Lê die waarheid met betrekking tot die mens se bestaan opgesluit in ‘n varingblaar?
Ons Tye is in God se Hande
Sin in lyding?
Regverdige oordele van God, maar volharding in sondes deur die mensdom.
Die dood van die dood
Geen Kommentaar
Waarom Mahmoud Ahmadinejad in Iran aan bewind MOES kom.
Paasfees: Jesus Christus Waar of Vals?
Die duiwel is weer los vandag
Maak ‘n bydrae en wen groot!!
Is daar ‘n hemel, en indien wel, waar?
As die hart gaan staan

 

Kinders, Jeug en die Gesin >>

Groepsdruk
Vreemde invloede in die samelewing
Invloed van televisie op kinders

Meer artikels ook te kry by Kinderterapie

 

Artikels by Die Wáárheid - Die Léwe:

Verstaan jou wêreld - Jy en die Nuwe Wêreldorde
Die rol van die Kerk en die Christelike godsdiens in die orde van die wêreld
     Deel1: Die vroeë jare van die Christendom

     Deel2:  Europa - vanaf die val van Rome tot voor die Kruistogte

 

 

 

 

Om Satan se greep te breek en te oorwin
Callie Opperman

Die afgryslikste wêreld ontvou voor jou wanneer 'n mens na die houvas van Satan op mense se lewens ondersoek instel. Dit is die tragiese verhaal van persone wat (meestal) as jong kinders stappie vir stappie ingesuig is in die wêreld van die okkulte. Dit lei na die verloëning van God, doelbewuste oortreding van sy gebooie, asook 'n skaduwêreld van skokkende rituele, wat selfs moord insluit.

Heel dikwels voel selfmoord na die enigste uitweg uit hierdie binding van Satan en sy demone. Die getuienis van mense wat by Satanisme betrokke was, bevestig die houvas wat demone op 'n mens kan kry.

Vir sommige van ons klink dit na 'n fantasiewêreld waaraan ons nie blootgestel word nie. Dit klink na sensasionele berigte waarin ons nie belangstel nie. Tog is Satan, die duiwel, die groot draak, die slang van ouds (Openb 12:9) 'n werklikheid. Hy weet dat sy tyd min is voordat die finale veldslag tussen die koninkryk van die lig en die duisternis sal plaasvind.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Waarom 'n gemeente?
Callie Opperman

“Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.” (1 Timoteus 3:15)

Besef ons die voorreg om deel van ‘n gemeente te wees? Maar ook watter baie groot verantwoordelikheid ons terselfdertyd dra? In ons fokusvers word die kerk beskryf as huisgesin en gemeente van God, maar ook draer van die waarheid.

Die Christelike kerk is geen stigting deur mense nie, maar het haar oorsprong by God. Vir eeue het God se verbond met die afstammelinge van Abraham, die ou Israel (waarvan later net die Jode oorgebly het), gestaan. Die een ware God wat Hom aan een verbondsvolk verbind het. Die Seun van God, Jesus Christus, het mens geword en deur sy verlossingswerk die belofte wat aan Abraham gemaak is, vervul. Al die nasies van die aarde word nou ingesluit by sy liefdeswerk. Die evangelie moet aan almal verkondig word. Hulle wat in Jesus Christus glo, sal erfgename van Abraham genoem word en deel kry aan die heerlike beloftes van God (Gal 3:29).

Die kerk is dus gemeente van God, omdat dit saamgestel is uit mense wat ter wille van Jesus kinders van God geword het. Die Heilige Gees woon in hulle wat deur sy krag nuut gebore is. Hulle glo opreg in die Verlosser, dink en doen nuut om God bo alles te gehoorsaam. Die seën vir jou as deel van die gemeente is dan eerstens om kind van God te wees. Van jou en die hele gemeente word egter ook verwag om God se wil te soek en uit te leef. Sy wil is opgeteken in sy Woord, die Bybel, waaruit ons weet hoe om ons te gedra (1 Tim 3:15).

Daarom is die gemeente ook draer van die waarheid. Hierdie waarheid word opgesom in vers 16

As mens het Jesus in die wêreld gekom,
deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is,
aan die engele het Hy verskyn;
aan die heidennasies is Hy verkondig,
in die hele wêreld is Hy geglo,
en in heerlikheid is Hy opgeneem.

Kom ons verheug ons vandag oor ons band met God in sy gemeente-huisgesin, streef daarna om gehoorsaam aan ons Vader op te tree en dra die waarheid oor ons Verlosser uit aan almal wat Jesus Christus nog nie ken nie.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Pascal se weddenskap
Maarten van Helden

In die sewentiende eeu het die Franse wiskundige en filosoof, Blaise Pascal, sy pragmatiese argument vir geloof in God, geformuleer. Hy nooi daarmee mense uit tot ‘n weddenskap insake die bestaan van God.

In kort: As jy sou wed dat God bestaan en by jou dood bevind jy dat Hy nie bestaan nie, dan verloor jy niks. As jy daarenteen egter wed dat God nie bestaan nie en by jou dood agterkom dat Hy wel bestaan, dan verloor jy alles.

As jy verkeerdelik in God glo, verloor jy niks (veronderstel dat die dood die absolute einde is), terwyl as jy ten regte in God glo, wen jy alles (ewige saligheid). Maar as jy ten regte nie in God glo nie, dan wen jy niks (dood eindig alles), terwyl as jy verkeerdelik nie in God glo nie, verloor jy alles (ewige verdoemenis). - Pascal se weddenskap

Heel praktiese gesproke sou dit dus absoluut dwaas wees om nie aan die bestaan van God te glo nie. En dit is dan ook die eintlike argument van Pascal: As jy nie wil glo nie, sal jy nie.

Sy argument is nie ‘n poging om God te probeer ‘bewys’ nie. God is immers nie bewysbaar nie. Die stelling van Pascal toon egter duidelik dat daar geen plek vir neutraliteit is nie. Jy glo in God , of jy glo nie. Dit is eenvoudig so. En die dwaas sê in sy hart, daar is geen God nie (Ps 14).

Augustinus, wat ‘n groot invloed gehad het op Pascal, het al gesê: "Ons self-liefde maak ons blind vir die liefde van God". Dus beweer Pascal: “dit is nie ons onvermoë om God te verstaan nie, dit is ons onvermoë om Hom lief te hê. Ons gebrek aan liefde vir God, maak ons dwaas genoeg om te dink en te glo wat ons wil. Blind genoeg om God nie raak te sien nie!

Jesus het vir Nikodemus gesê: “As iemand nie weergebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”(Joh 3:3). Die sondaar is dus blind gebore! Slegs die Here kan ons oë oopmaak.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Die Here is in beheer
Hentie Krüger

“Wie weet‚ miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het.”

— Ester 4:14 —

Twee woorde wat nie in die oorspronklike teks van die boek Ester voorkom nie‚ is “God” en “geloof.” En tog gaan Ester in ’n baie besondere sin om God én om geloof. Dit vertel hoe die Here gesorg het dat Ester koningin van Persië word; hoe Hy Mordegai gebruik het om die Jode se vyand‚ Haman‚ teen te staan; hoe Hy op die regte oomblik al die regte dinge laat gebeur het om Haman uit te skakel en Mordegai sy plek in die regering te laat inneem.

Ja‚ God se hande beweeg agter die geskiedenis wat hom in die boek Ester afspeel. God is in dié boek aanwesig.

So ook geloof. Mordegai se woorde aan Ester – “Wie weet‚ miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het” – getuig onteenseglik van geloof in die God van sy en Ester se voorgeslagte wat dinge op ’n bepaalde wyse laat gebeur. Dit klink half onseker (“Wie weet …”)‚ maar dit spreek in werklikheid van ’n oortuiging dat niks toevallig en buite God se wil gebeur nie.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Hoe bid ons?
Callie Opperman

Die motivering van ons gebede is ‘n baie belangrike saak. Veral wanneer ons worstel oor gebedsverhoring. Soms hoor ‘n mens die klagte: Die Here verhoor nie my gebed nie, daarom het dit geen sin om te bid nie. Of: die Here verander nie ons omstandighede nie, dit lyk nie of Hy vir ons lief is nie.

Wanneer Paulus in die Naam van die Here opdrag gee oor smeking, voorbidding en danksegging vir die regeerders en ander gesagvoerders, is die motivering baie duidelik: sodat ons in toewyding aan God kan leef. Ja, dis waar, hy vra gebede vir ‘n rustige en stil lewe. Soms vra ons ook daarvoor, veral as misdaad oor ons pad gekom het, of ons bekommerd is oor ons materiële voortbestaan, of oor ons kinders se toekoms in die land. Maar dan is ons motivering selfgerig: Ek bid, omdat ek wil rustig leef, sodat ek veilig kan wees, sodat ek seker is van my toekoms, sodat ek nie materieel swaar sal kry nie, ens. ens. Ek, ek, ek ... staan in die middelpunt van my gebedsmotivering.

Ons moet ons dissiplineer dat ons gebede God se eer en sy koninkryk eerste stel. Nie ons eie klein wêreldjie en behoeftes nie. Beloof Jesus dan nie dat ons Vader ons alles sal gee wat ons nodig het, wanneer ons sy koninkryk en sy wil eerste soek nie? (Mat 6:33). So lui Jesus se eerste bede in die Ons Vader gebed ook: “... laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, ...” (Mat 6:9-10).

Die wyse waarop ons vir die regeerders en mense met gesag bid, sodat ons in meer toewyding aan God kan leef, is ook belangrik. Dit moet met erns gedoen word. Drie woorde beskryf die gebede: smeking, voorbidding en danksegging. Smeek: nie net bolangs noem nie, maar smeek vir wysheid vir die president, die kabinet en al die ander parlementslede, die stadsrade, ensovoorts. Die internasionale wêreld te midde waarvan leiding gegee moet word, die politieke drukgroepe, die werkloosheid, noodsaaklike instandhouding en nuwe ontwikkeling, die regte moraliteit en dienslewering vra meer as wat ons besef. Smeek God vir die regte leiding. En glo dat Hy gebede sal verhoor, ‘n rustige en stil lewe sal gee, sodat sy kinders in hierdie land nog meer Sy eer sal soek en opeis. Voorbidding: daardie gebede waarin jy ander se belange eerste stel en vir hulle intree by die almagtige God. Dankie sê: hoe maklik vergeet ons dit nie! Ons moet die hemelse Vader dank dat ons Sy kinders mag wees, mag bid in die Naam van Jesus Christus, Hom mag ken as die Almagtige. Sien ook raak hoe Hy gebede verhoor en te midde van onaangename dinge, tog rustigheid en vrede gee. Dank Hom daarvoor.

Maak dit dan een van jou nommer een gebede elke dag: smeking, voorbidding, danksegging vir alle mense, maar spesiaal vir daardie mense wat die regeertaak in ons land het. Watter seën kan dit nie vir toewyding aan Hom en sy koninkryk inhou as ons met die regte motivering en op die regte wyse bid nie!

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Ons Verhouding met God soos deur Sy Wet bepaal
Jan Brink

Ons vind twee tipes wette in die boeke van Moses. Die eerste is die Tien Gebooie, die tweede is die Levitiese Wette.

Die Tien Gebooie kan ook beskou word as die Grondwet vir God se volk op aarde, ook die volk wat Hy deur Jesus Christus vanuit die heidendom tot Hom geroep het. Hierdie Wet is ononderhandelbaar en staan vas van ewigheid tot ewigheid. Dit kan nie verander nie, selfs nie met ‘n volstrekte meerderheid van menslike stemme nie. Geen mens op aarde, hoe heilig hy homself ook ag, mag aan hierdie Wet karring nie.

Die tweede groep wette, nl die Levitiese Wette, was meer tydelik van aard. Dit het ‘n verskeidenheid van elemente bevat, waaronder die sindelikheidswette, seksuele wette en verhoudingswette. Hieronder was ook die priesterlike wette: die wette ten opsigte van die bediening van die tabernakel en die offerandes, wat dui op die Ou Verbond van God met Sy volk.

As Jesus Christus in Matteus 5:17 sê dat Hy die wet vervul het, dan het dit betrekking op die Levitiese wette wat as ‘n profetiese handeling met betrekking tot Sy eie offer aan die kruis moes dien. Hierdie wette het hulle gesag verloor die oomblik toe Hy aan die kruis gesterf het en die voorhangsel van die Tempel middeldeur geskeur het, waarna ons vrye toegang tot die Vader gekry het deur Jesus Christus self. Na daardie oomblik het ons nie meer ‘n aardse Hoëpriester nodig om vir ons in te tree nie. Jesus Christus doen dit nou vir ons. Die aardse offers volgens die Levitiese wette is nie meer nodig nie. Jesus Christus het vir ons dáárdie offers permanent gebring; vir wie in Hom glo. Dit is die Nuwe Verbond. Geen wonder Kajafas, wat sekerlik die skrifte geken het, wou van Jesus ontslae raak nie. As hy wat Kajafas was, Jesus Christus as die verwagte Hoëpriester van die Nuwe Verbond aanvaar het, dan was hy sy eie aardse aansien en titel kwyt. Dan het hy geen werk meer gehad nie.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Christus is!
Hentie Krüger

“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo‚ sal lewe‚ al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo‚ sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

— Johannes 11:25‚ 26 —

Die meeste van ons sukkel om “oor niks bekommerd te wees nie” veral wanneer ons ontsteld of verskrik is deur gebeure in ons lewe. Nogtans kan ons leer om God, God te laat wees en sy aanwysings en oordeel te vertrou. Maar so dikwels verwar ons die begrippe geloof en vertroue.

Daar is ’n baie ou illustrasie wat hierdie twee idees skerp in fokus bring. Dit lui so: Verbeel jou dat jy by die pragtige maar gevaarlike Niagara-waterval op die grens tussen Kanada en die staat New York is. Veronderstel ’n sirkusarties het ’n tou oor die val gespan om ’n kruiwa daaroor na die anderkant te stoot. As hy sy balans verloor‚ sal hy gewis verdrink en homself te pletter val in die malende waters daaronder. Net voordat hy die tou betree‚ draai die man na jou en sê: “Dink jy ek gaan dit regkry?” Jy sê dat sy reputasie hom vooruitgeloop het en dat jy glo dat hy die vermoë het om oor die gespande koord te loop. Met ander woorde jy het geloof in wat hy sê. Maar dan sê hy: “As jy werklik glo dat ek dit kan doen‚ waarom klim jy nie in die kruiwa en gaan saam met my oor nie?” Om hierdie uitnodiging aan te neem‚ sal ’n voorbeeld van merkwaardige vertroue wees.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................


Is daar enige verband tussen die Christelike godsdiens en die antieke heidense kultusse?
Jan Brink

In een van hierdie aanlyn forums skryf ‘n persoon dat die Christelike godsdiens maar net ‘n kopie is van ‘n ou Oosterse kultus. Verder dat dieselfde moeder en god in albei voorkom, en ook ‘n godeseun wat gesterf het en toe opgewek is. Klaarblyklik is dit ‘n verwysing na die Griekse godin Cybele en Attis, wat later ook in Rome ‘n setel gekry het. Wat is die waarheid?

Profesieë en hulle gevolg

Suid-Afrika het sy eie profeet gehad met die naam van Siener van Rensburg. Volgens een van sy visioene het hy ‘n dam gesien, die wal het gebreek en die dam was leeg. ‘n “Pro-aktiewe” sogenaamde regsgesinde Afrikaner het in 2001 besluit dat dit nou die regte tyd was om hierdie visioen te bewaarheid. Hy wou die Vaaldam se wal gaan opblaas, maar is gevang voordat hy dit kon doen.

Dit is nie hoe profesieë werk nie. ‘n Profesie word vervul sonder dat dit beplan word. Indien iemand willens en wetens ‘n profesie wil bewaarheid, is die uitkoms ‘n gevolg van die profesie. Die profetiese woorde wat gespreek is, is egter dan nog nie vervul nie. Sou die persoon die Vaaldam wel opgeblaas het, is dit nie te sê dat die profetiese woorde bewaarheid is nie. Die profetiese woorde in sy volle konteks kon verwys het na iets heeltemal anders.

Dit gaan hier ook oor profesieë.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Het dit sin om God te dien?
Hentie Krüger

“Julle het gesê: ‘Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom‚ die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is‚ die gelukkiges is‚ en of dié wat verkeerd doen‚ vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!’”
— Maleagi 3:14-15 —

Daar kom oomblikke in die lewe van die kerk en in die lewe van Christene dat hulle begin wonder oor die evangelie – oor die krag‚ die betekenis‚ die effektiwiteit daarvan … ’n Mens hoor nogal soms van mense wat van die een of ander groot misdaad aangekla is en dan ná ’n uitgerekte en uitmergelende hofsaak vrygespreek word – natuurlik tot hulle vreugde en verligting. Maar wanneer hulle wil terugkeer na die samelewing‚ stuit hulle vanweë die vooroordeel van mense op die een probleem na die ander – totaal teen hul eie verwagting in …

Op ’n manier omskryf hierdie soort ontnugterende ervaring iets van die situasie wat aanleiding gegee het tot die skryf van ons teks. Dit kan met Christene gebeur dat hulle tot geloof kom en dit as ’n geweldige‚ lewensveranderende gebeurtenis ervaar. Dit kan vir hulle in daardie stadium voel of alles nou reggekom het en niks‚ niks ooit weer verkeerd kan loop nie. Soos die aangeklaagde in die voorbeeld hierbo is so iemand vrygespreek en stap hy of sy die nuwe‚ herstelde lewe vol verwagting en met ’n glimlag tegemoet.

Dit gaan ook aanvanklik goed … Nie heeltemal so goed soos hulle aanvanklik gedink het nie‚ maar hulle is tog positief en vol moed en glo dat dié dinge maar die laaste stuiptrekkings van die ou lewe is. Soos die tyd voortgaan en die probleempies nie ophou nie‚ raak dit al hoe moeiliker om positief te bly. Totdat hulle op ’n dag aan hulself moet erken dat dinge besig is om anders uit te werk as wat hulle verwag het … Dis net baie moeiliker‚ ingewikkelder‚ ánders as wat hulle gehoop het dit sou wees … Is dit regtig so wonderlik om ’n gelowige te wees as wat die mense beweer het? Of het hulle Jesus Christus oorskat en te veel van Hom verwag …?

Is ons verbaas hieroor? Dalk ook stilweg ’n bietjie verleë? Ons hoef nie te wees nie. Dit is ’n baie algemene geloofservaring hierdie. Ons tref dit ook op baie ander plekke in die Bybel aan.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Verskrompel, maar nie verbrand
Callie Opperman

“Ek het verskrompel soos ’n velsak in die rook, maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie.” (Psalm 119:83).

Die Psalms het sulke treffende beskrywings. Soos hierdie simboliek: “Ek het verskrompel soos ‘n velsak in die rook”. Vel is hardgemaak om dig te kan wees sodat dit kan dien as `n wynsak. Daarvoor is dit in rook gehang, sodat die hitte en rook die tekstuur kon verander om geskik te wees. Dit het verskrompel.

So gaan die mens soms deur tye van nood, met teenstanders wat jou afkraak, moeilike omstandighede wat jou energie tap, beproewings wat soos rook en hitte verskrompel. Dit breek egter nie af nie, maar versterk jou geestelik.

As dit papier was wat in die rook gehang het, sou dit dalk eerder vergaan het. Vel is egter die regte samestelling om te kan verskrompel en sterker te word. Watter samestelling moet ‘n mens hê om nie te vergaan onder beproewing nie? Wie is dit wat sterker anderkant uitkom? Die psalmdigter skryf: “u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie”. Wie die woord van God in sy of haar hart dra, wie aanhou doen wat reg is in die oë van die Here, wat die leiding van die lewendmakende Gees volg, sal nie verbrand nie, maar innerlik groei.

Vir Josua het die Here gesê: “Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan. Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.” (Josua 1:7-8) Deur hom aan God se voorskrifte te hou, sou Josua die moeilike taak kon volvoer. Die vuurrook van teenstanders sou dan sy verhouding met God sterker maak, sodat Hy voorspoedig kon wees in sy roeping.

Die voorskrifte van God is vir ons oorgelewer in die Heilige Skrif. Die Heilige Gees graveer dit elke maal wanneer ons daaruit lees en dit oordink dieper op ons harte. Dan sal teenspoed, gevaar en lyding ons verskrompel, maar nie vernietig nie. Louter, maar nie verbrand nie.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Tevredenheid
Hentie Krüger

“Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie‚ Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie‚ dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het‚ so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here‚ Israel‚ nou en vir altyd.”

— Psalm 131 —

Ons mag oor baie dinge verskil. Maar as daar een ding is waaroor ons almal seker sal saamstem‚ dan is dit dat ons almal rus en kalmte verlang. Die lewe is deesdae so gejaagd. Daar gebeur so baie dinge wat ons onrustig maak? Ons raak al meer gespanne. Angs en depressie het kenmerkend van ons tyd geword. Hoe verlang ons nie dat alles net rustig en kalm sal verloop nie. Is dit nie een van die redes dat ons telkens uitsien na ’n vakansie wanneer ons net weer tot stilstand kan kom nie?

Die meeste van ons voel dikwels asof ons rondgestoot word. Ons voel asof ons nie tot ons reg kom nie. Ons word misbruik deur kollegas en huismense. Alhoewel ons vaagweg bewus is van groot potensiaal binne-in ons‚ kom dit om een of ander rede nie tot sy reg nie. In verhoudinge word ons misken en ons word meestal oor die hoof gesien as dit kom by promosie en pryse wat uitgedeel word. Ons ervaar baie keer pessimisme en ’n algemene gevoel van moedeloosheid oor die toestand van die wêreld rondom ons.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Swaarkry - Jou weg deur die lewe
Dr Callie Opperman

“Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord.
Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.”
(Psalm 119:67,71)

Swaarkry is vir niemand aangenaam nie, ook nie maklik nie. Dit kan op verskillende maniere swaar gaan in die lewe – finansieel, swak gesondheid, vervolging, op geestelike terrein, emosioneel, sielkundig, ens. Ons reaksie op swaarkry is dikwels ook nie baie positief nie. Ons verstaan baie keer nie waarom iets oor ons pad kom nie. Soms bid ons, maar kry nie duidelike antwoorde nie. Dit is moeilik om by ‘n punt van innerlike vrede en berusting te kom.

Die Here koppel dikwels swaarkry aan ons verhouding met sy gebooie, soos in die aangehaalde verse hierbo gelees kan word. Eers lees ons: “Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord.” Die swaarkry kan jou na die woord van die Here terugbring. Jou dwalinge is soms juis vanweë jou ongehoorsaamheid aan die woord! Ek kan bv. onverskillig met my geld omgaan en geen goeie rentmeester in diens van God wees nie. Dit kan lei tot geldnood, met al die swaarkry daarmee saam. Sulke swaarkry kan my terugbring by God se beginsels vir die hantering van my materiële bates, waarvoor God my verantwoordelik gemaak het. Dit kan in ander gevalle van swaarkry ook positiewe gevolge hê. Daarvoor kan die Here gedank word.

Dieselfde gedagte lê agter die verklaring: “Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.” Dit klink teenstrydig! Hoe kan dit goed gaan wanneer ek swaarkry? Wanneer die vrug van die swaarkry goed is – om God se voorskrifte te leer – dan was swaarkry tot my voordeel. Dit is tog ‘n algemeen bekende ervaring dat goedgaan dikwels na afvalligheid lei. Swaarkry louter, maak ons skoon van ‘n onrein lewe, stroop ons van verkeerde prioriteite, bring ons terug na God en sy voorskrifte.

Soek in jou swaarkry na die positiewe vrug om God deur sy voorskrifte beter te leer ken. Daarin lê die sin van die lewe, daardeur gee die Here koers aan ons lewe in ‘n verwarrende wêreld.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Profesieë (1) – Die waarheid agter Jesus Christus.
Jan Brink

Die mens wil nou eenmaal in die toekoms probeer sien. Daarom raadpleeg hulle fortuinvertellers en lees graag die boeke oor die voorspellings van Nostradamus en Siener van Rensburg. Baie mense het ‘n diep geloof in hulle voorspellings soos dit deur “kundiges” uitgelê is.

Daar is egter één boek wat profesieë bevat wat alle ander profesieë en voorspellings, van watter skrywer en geleerde ookal, oorskadu. Ek praat natuurlik van die Bybel. Die Bybel bevat die profesieë soos deur God ingegee ten behoewe van die mens.

Daar is verskillende profesieë in die Bybel. Die meeste handel oor die eerste koms en ook die wederkoms van Jesus Christus aan die einde van die tyd. Dit loop soos ‘n goue draad deur die Bybel vanaf Genesis tot by Openbaring. Baie van die profesieë het al in vervulling gegaan, maar ander wys nog op die toekoms.

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................


Die boodskap van die Kruis – Onsin vir dié wat verlore gaan
Jan Brink

Hierdie harde woorde lees ons in 1 Korintiërs 1 vers 18. Dit behoort iedereen wat dit lees tot in sy of haar diepste wese te skok. As jy dit nie glo nie is die verderf jou voorland.

Is dit net die hedendaagse post-moderne mens wat ‘n probleem met die Kruis het?

Kom ons lees ‘n bietjie verder en sien wat 1 Korinthiërs 1 vers 22 sê. "Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God".

Die Grieke was die wysgere van daardie tyd. Filosofie en logika het die denke oorheers. Daarom was die blote feit dat iemand aan ‘n kruis vir ‘n ander ou se sondes sou sterf, natuurlik die grootste onsin.

In ons post-moderne wêreld waar alles filosofies en wetenskaplik tot sy diepste betekenis ontleed word, is dit nie anders gesteld nie. Voeg nou daarby ‘n baie materialistiese en egosentriese samelewing waarin alles om myself draai, dan kan ek dit nouliks indink dat iemand so ver sou gaan om sy lewe vir ‘n onbekende af te lê.

Geestelike teenoor vleeslike bestaan

Wat ons MOET verstaan is dat die mens sowel ‘n geestelike as ‘n vleeslike wese is. (Sommige mense is uiteraard meer vlees as gees!). Ons denke, soos dit te voorskyn kom in ons filosofie en logika, is helaas gevestig op die vleeslike. In geestelike terme is dit dwaasheid, want die kruisgebeure kan nie in vleeslike terme beskryf word nie. Want God is Gees. Sy wysheid oortref ons vleeslike dwaasheid. Johannes 4:24. "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid".

As ons ons aandag nét op hierdie aardse bestaan vestig, en ons algeheel deel daarvan is, gaan ons so nooit as te nimmer die geestelike gebied van God betree nie.

Ons sintuie neem waar wat om ons aangaan en ons is só daarop ingestel om hierdie sintuie te bevredig dat ons ons geestelike verbintenis wat ons met God het, totaal negeer. Ons raak totaal uit sinkronisasie met die Gees van God.

Ons moet ons meer instel op ons verbintenis met God. Ons moet meer tyd met Hom deurbring en ‘n verhouding met Hom aanknoop. Hy alleen kan ons met Sy Gees daardie oortuiging gee. In die woorde van Jesus Ben Sirag (190 vC): iemand wat net oor bulle praat kan nooit hierdie wysheid bekom nie.

Hoe doen ons dit? Waar is ons vertrekpunt?

Natuurlik deur ‘n kennis van die verborge waarhede van God. Ons kan dit slegs deur ons gees ontvang. Maar dan moet ons eers vir God werklik leer ken. Waar leer ons hom ken? Uit Sy Woord – die Bybel. As ‘n mens die Bybel regtig verstaan, dan kan jy ook die geheimenis van die Kruis verstaan.

Sonder kennis is daar geen begrip.
Sonder begrip is daar geen geloof.
Sonder geloof is daar geen hoop.
Sonder hoop is daar geen toekoms, nie in hierdie wêreld en ook nie in die toekomstige wêreld nie.

Hierdie geheimenisse sal in ‘n volgende artikel onder die loep geneem word.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................


NIKS is vir God onmoontlik nie

Hentie Krüger

Die Here gee niks meer vir my om nie. Hoekom laat Hy toe dat hierdie slegte dinge met my gebeur?” Het jy dalk al soortgelyke woorde kwytgeraak? Of dit miskien stilletjies gedink? Jy is nie alleen as jy so voel nie. Baie ander mense dink ook so. Selfs in die Bybel lees ons van mense wat die Here van onregverdigheid beskuldig het.

Maar voordat jy God in die beskuldigde bank plaas moet jy onthou dat ’n mens jou maklik kan blindstaar teen jou eie omstandighede. Dan herhaal jy maklik daardie immergroen klagte van ander mense: “Die Here het van my vergeet. Hy gee nie meer om nie.” Dit is eenvoudig nie waar nie! Jy mag nooit God se nabyheid of sy afstand meet aan jou eie gevoelens of omstandighede nie. Moenie dink dat God regtig ver van jou af is net omdat jy so voel nie. Moenie uit jou swaarkry aflei dat Hy van jou vergeet het nie. Want God laat jou nie in die steek as dit die slag rof gaan met jou nie. Hy laat jou nie deur sy vingers glip as die lewenstorms rondom jou woed nie. Skeur nou dadelik daardie bedankingsbriefie op wat jy in die geheim voor God se deur wil gaan neersit. Laat staan jou verwyte teen die hemel‚ want dit is nie waar nie. Kry asseblief vandag die regte feite by God self!

Lees hier verder >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................


Mensekinders eintlik vir ’n Hoër Gebou bestem

Susan Maré - Bethlehem
(www.proarteproduksies.co.za)

DIS ’n winderige Sondag in die voorsomer van 2009. Die sandstene in die muur van ’n gebou wat as ’n nasionale gedenkwaardigheid in Suid-Afrika verklaar is, is in droewige gesprek met mekaar. Sake van die dag. Terwyl die wind om die hoeke van die gebou loei en depressiewe melodieë uitween met die rookwolke van veldvure op die horison.

Almal weet hoekom die wind hierdie tyd van die jaar móét waai, maar vandag slaan die wind yskoud teen onwillige sandstene vas. As hulle stene van vlees en bloed was, het hulle gebibber. Die wind en die seisoene is egter deel van hul langsame verwering op ’n aarde wat net tydelik gegrondves is.

Vir ’n leeftyd hou hulle die mense op die dorp dop wat naby hulle verbygaan. Soms met verwondering en verbasing. Soms met skok en teleurstelling. Soms met ’n glimlag. Ure lank bedink en bespreek hulle hierdie mensekinders se doen en late, en veral die woorde wat daagliks teen die mure van die gebou vasslaan. Woorde wat dikwels klein gevaarlike vlammetjies is wat groot vure veroorsaak en alles afbrand wat voorkom.

In 2009 is daar die gomsnuifer van Louw­straat, die karwag in Murraystraat en baie ander wat verby die ou sandsteengebou voortsnel na wie weet waarheen. Na skole, ondernemings en ander dorpe of stede. Vragmotors wat die dorp onvriendelik skel met vals toeters en ’n eiesoortige dreunmusiek maak wat geraas genoem word. Saans die baie karre by kuierplekke. Laataand mense wat effens onvas op hul voete uitkom, hul motors insukkel en dan brullend en dapper die strate inraas voordat hulle êrens by ’n huis tot noodsaaklike rus gaan kom om die volgende dag weer hul gewone dagtake met vaster tred te probeer aanpak. Vanaand kuier hulle maar weer en verdrink persoonlike probleme in ’n glas.

In bykans ’n eeu het die geluide wat die sandstene daagliks aanhoor, aangrypend verander. Eers het hulle geluister na die dowwe geluid van perdehoewe op grondstrate soos wat waens en kapkarre, getrek deur perde, van plase en ander plekke na die dorp gekom het. Later het hulle gewoond geraak aan die sagte geluid van motorenjins. Nog later aan die skel geloei van sirenes van noodvoertuie, op pad na ongelukstonele om lewens te probeer red.

Toe sê die sandstene vir mekaar: “Ons kom van die berge hier naby, van rotsagtige heuwelhange. Eeue lank het vuur en water op ons ingewerk en van ons kranse gemaak. Toe kom mensehande en het ons omgeskep in geboue waar mense kan aanbid, waar kindertjies gebore en grootgemaak word, waar handel gedryf word.

“Ons moes darem baie verduur het om in hierdie muur te kom. Kruit het ons geskeur tot in die hart, pikke het ons deurklief en gebreek en terwyl ons as vormlose klippe in die steengroef gelê het, is ons langsaam tot boublokke verwerk. Beitels is gebruik om al die fyn en ongelyke klippunte af te kap totdat ons afgerond en glad genoeg was om waardige hoekstene te word.

“Maar kyk net na die ellende van die mense hier om ons wat nog in die steengroef is. Vasgevang in die eise en politiek van die dag. Hulle het lankal vergeet dat hulle eintlik vir ’n Hoër Gebou bestem is. Vir ’n hemelse gedenkwaardigheid wat nie deur wind en weer verwoes kan word nie.

“Sal ons vir hulle bid?”


Die wind het nog vir dae en weke gewaai.

Op ’n dag het groot druppels reën op die aarde begin neerplof.

En skielik was dit weer somer.

Na bo

..........................................................................................................................................


Die merk van die dier is hier in 2010

Jan Brink

In Openbaring 13 en 14 lees ons van die merk van die dier. Daar is baie mense wat hierdie verse letterlik wil interpreteer as sou dit ‘n kenteken van die een of ander aard op of aan die liggaam moes wees. Ons moet egter besef dat Openbaring hier van beeldspraak gebruik maak.

(Openbaring 13:16) Hy (die Satan) verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ‘n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.

Nou wat is hierdie merk van die dier op die regterhand of die voorkop dan?

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

 
RUS


In hierdie stilte het U Self tot my gespreek.
Geen harde woorde of woorde van verwyt.
U het alleen met liefde my verset gebreek,
met troostend'sagte woorde my opstandigheid.

Nou gee ek U die roer o God en Vader,
ek het te lank my lewensskip gestuur.
Nadat ek dae en nagte in donkerte het getuur,
sien 'k in die verte nou U haweligte nader.

En in my hart sal ek U troostend' woord bewaar:
"Die eén dag toe jy al jou liefde gee vir My,
is in My Vaderoë meer as duisend jaar
en duisend jaar van sonde 's net een dag vir My".

Nel Bensop.
Afrikaanse omdigting: Winy du Preez.
 
...........................................................................................................................................


Vervulling van 'n Profesie

Dr Callie Opperman

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: ...” (Matteus 1:22)

Hierdie jaar gryp die waarheid dat Jesus se koms die vervulling van profesieë is, my weer aan. Matteus, wat ‘n Jood was en heel waarskynlik die evangelie aanvanklik vir ‘n Joodse lesersgroep (kenners van die ou heilige geskrifte) bedoel het, gebruik baie kere die uitdrukking: “sodat vervul kon word wat die Here deur sy profeet gesê het ...”.

Ons lees dit by die engel se boodskap aan Maria, dat die Verlosser Jesus uit haar gebore sou word. So sou die Immanuel profesie vervul word, en is dit vervul (Jes 7:14 en 8:8; Mat 1:23). Die priesterhoofde en skrifgeleerdes kon dadelik vir Herodes antwoord oor waar die Christus gebore sou word. Die profeet Miga het mos vooruit gesê dat die herder van Israel in Bethlehem gebore sou word (Mat 2:6; Miga 5:1). Selfs die vlug van Josef, Maria en die baba Jesus na Egipte en terug om aan die moordplanne van Herodes te ontkom, is ‘n vervulling van Hosea 11:1. God het sy volk Israel uit Egipte teruggeroep, so ook die Verlosser om sy volk na die nuwe Jerusalem te lei (Mat 2:14-15). Jeremia het geprofeteer van die hartseer gekerm van moeders wie se babas en kleuters die woedende en jaloerse Herodes sou laat doodmaak (Jer 31:15; Mat 2:18). Jesus het in Nasaret gewoon, sodat vervul kon word dat die profete Hom ‘n Nasarener genoem het.

Elke keer wanneer ek lees, selfs tot by Jesus se kruisiging en opstanding, dat dit die vervulling van profesieë was, word ek getroos deur God se wyse voorsienigheid. In sy hande is die geskiedenis van die verlossing van sy kinders, wat in hierdie vyandige en goddelose wêreld moet leef, veilig. Ook jou lewenspad, wat met die weg van Jesus gekruis het, is deur Hom bepaal. Ons kan met ryke verwagting uitsien na die vervulling van die alwyse God se ander profesieë. Die volle verlossing wat kom met Jesus se tweede koms, die herskepping van die hemel en aarde, die nuwe lewe met ‘n verheerlikte liggaam vir elkeen wat in Jesus Christus glo.

Mag God ook jou oë in hierdie tyd van die Christusfees ver oor die horison laat kyk, juis omdat ons in die Woord die bevestiging het dat Hy getrou is aan sy beloftes.

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................
 


Tree vir tree
Ds Hentie Krüger

“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie‚ want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

— Matteus 6:34 —

Izak de Villiers sê wanneer dit rondom ’n mens donker word‚ moet jy stadiger begin beweeg.

As dit donker word moet ’n mens stilhou. Daarin lê ook baie groot wysheid: stilhou en ’n slag goed rondkyk voordat jy dit verder waag. Maar dan moet jy met die bietjie lig tot jou beskikking een tree op ’n keer gee. Dit help nie om in terme van tien treë te dink as jy net een tree voor jou kan sien nie‚ om van kilometers nie eens te praat nie. Baie mense maak die fout om onmiddellik as ’n krisistoestand ontstaan die toekoms te probeer voorspel‚ dat dit so of so sleg gaan wees en so of so onmoontlik en ondenkbaar. Een of twee hardloop selfs na mense wat sogenaamd in die toekoms kan sien.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

  AMEN

Nou alleen maar "Amen" sê
al is dit dalk gebroke en stom.....
dan jou hand in God s'n lê
en op weg gaan saam met Hom.

Nou alleen maar aanhou loop
in die voetspoor van jou Heer.
Aanhou stry en aanhou hoop,
wagtend op Sy wederkeer.

Nou alleen Sy woord vertrou:
"Altyd sal Ek met jou wees".
Soos 'n kind jou hande vou
en Sy getuie altyd wees.

Om al jou twyfel af te lê
en slegs maar "Amen" sê.

Nel Bensop.
Vry vertaal deur Winy du Preez.
 
...........................................................................................................................................
 


Lê die waarheid met betrekking tot die mens se bestaan opgesluit in ‘n varingblaar?

Die mens is ‘n soekende wese. Die dryfveer is die soeke na die waarheid van die lewe. Ons verken selfs die verste buitenste ruimtes om LEWE te probeer verklaar.  In ons soektog het ons altyd wetenskap en godsdiens van mekaar probeer skei.  Immers, daar was geen manier om die bestaan van God (of dan ‘n god) wetenskaplik te verklaar nie.  Ons moet egter verstaan dat die werklike kennis van die mens minimaal is.  Tot in die begin van die vorige eeu het ons nie eens besef dat daar enige verband tussen ruimte en tyd bestaan nie. Dit was  eers met Einstein se relatiwiteitsteorie dat nuwe horisonne letterlik vir ons oopgegaan het.   Ons is so gebonde aan ‘n wêreld  wat ons net met ons beperkte sintuie kan verklaar.  Die wiskunde bring daarenteen vir ons nuwe insig wat moeilik is om met ons beperkte vermoëns alleen te omvat. Met die gebruik van die redelik nuwe wetenskaplike ontdekking van fraktale in die natuur, kan ons nou nuwe betekenis gee aan die doel van ons lewe hier op aarde.

Lees meer hier >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Ons Tye is in God se Hande
Dr Callie Operman

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, .... (Prediker 3:1-2)

Daar is ‘n tyd vir ‘n verskeidenheid dinge.... So beskryf Prediker, die wysheidsboek, die gang van die mens se lewe op aarde. “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ...” Ons weet dit uit ervaring. Sommige dinge kom maar net op jou pad. Jy het geen beheer daaroor nie. Veertien dinge wat teenoor mekaar staan, word opgenoem (Pred 3:2-9), Die mens beweeg tussen twee pole: die pool van lewe en behoud, teenoor die pool van dood en verlies. So is daar die beginstreep en die einde van ons lewe op aarde: "daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe". Die een gee blydskap (normaalweg), die ander bring hartseer. Maar presies wanneer daardie tydstip van geboorte en sterfte is, weet ons nie.

Is ons maar instrumente in die hand van die "noodlot", met geen beheer oor ons tyd nie? Sulke gedagtes het die Prediker besig gehou. Dit laat ons ook soms diep dink. Alles loop vlot, volgens jou beplanning, maar skielik word dit onderbreek deur die onverwagse. 'n Ongeluk, siekte, dood, natuurramp, mislukking, teëspoed - noem maar op - kan alles deurmekaar gooi.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Sin in lyding?
Ds Hentie Krüger

“Hy sê: ‘Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor‚ en op die dag van redding het Ek jou gehelp.’ Kyk‚ nou is dit die regte tyd‚ nou is dit die dag van redding.”
— 2 Korintiërs 6:2 —

Robert Gordis is reg as hy sê:

Om die regte vrae te vra is die toppunt van wysheid‚ want oor die belangrikste kwessies van die lewe is dit net die vrae wat bly voortbestaan; die antwoorde is van korte duur.

Gordis sê verder dat mens ook die verkeerde vrae kan vra. Maar dit is nie nodig om hierop in te gaan nie. Dalk moet ons ons net bepaal by een van die algemeenste vrae wat ’n mens hoor: Is daar sin in lyding?

Maar moet die vraag nie eerder lui: Is daar sin in die lewe? nie‚ want lyding is ’n onlosmaaklike deel van die lewe. Om te vra of daar sin in lyding is‚ veronderstel dat lyding los van die lewe staan. Agter so ’n vraag lê ook die gedagte dat lyding oor ’n mens se pad kom as ’n soort onreg teenoor jou. Daarom is: “Waarom? Waarom gebeur dié dinge met mý” van die vrae wat die meeste in krisisse gehoor word.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Regverdige oordele van God, maar volharding in sondes deur die mensdom.
Dr Callie Operman

God het die reg om sondaars te straf. Hy mag ook wraak neem op hulle wat sy volgelinge deur die geskiedenis vervolg, laat ly en doodgemaak het. Tog gebruik Hy hierdie reg van Hom met integriteit. Hy slaan nie sommer toe met sy oordele nie, maar waarsku met geduld en gee tyd vir inkeer. Sodoende sal daar vir hulle wat nie van hulle bose weë terugkeer nie, geen verskoning of vryspraak wees op die laaste dag nie. 

Die openbaring van God se pad met sy kerk en die wêreld tot op die laaste dag is vooruit vir ons opgeteken. Alhoewel dit met beeldspraak is, wil die Here God hê dat sy volgelinge sal insig hê oor wat gebeur. Ons sit dikwels met allerlei vrae in ons gemoed.

Soos: Waarom word diegene wat sy kerk vervolg nie dadelik gestraf nie? (Veral die eerste lesers van Openbaring het daarna gevra.)

Waarom kom daar allerlei rampe en plae oor die mensdom? Waarom sorg Hy nie vir sy kinders nie? Is Hy dan nie 'n God van liefde nie? Het God beheer verloor? 

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Die dood van die dood
Ds Hentie Krüger

Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.” Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.” Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo‚ sal lewe‚ al sterwe hy ook.”

— Johannes 11:23-25 —

Jesus kom lê sy arm oor die skouer van die gelowige wat treur. Hy doen dit in Johannes 11‚ veral wanneer Hy vir ons wil verklaar wat Hy vir ons gedoen het‚ soos hier in vers 25: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo‚ sal lewe‚ al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

Tog bly die dood ons laaste vyand. Dit heers oor die geskiedenis. Ten minste dit lyk so. Maar wat het die Seun van God dan op aarde kom doen? Wat het Hy vir mý kom doen? Wat sê die Bybel werklik?

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Waarom Mahmoud Ahmadinejad in Iran aan bewind MOES kom.

Die wêreld het die onlangse verkiesing in Iran met groot oë dopgehou. Immers, die Westerse wêreld was doodseker dat die meer hervormingsgesinde  Mirhossein Mousavi die verkiesing sou wen. Ook binne Iran is die algemene geneigdheid sterk na hervorming en meer dialoog met die Weste, en selfs Israel. Voordat die amptelike verkiesingsuitslae bekend gestel is, het Mousavi reeds sy oorwinning gevier.

Ons weet egter wat gebeur het. Die Iraniese oppergesag onder leiding van die Ajatolla Ali Khamenei het die uitslag van die verkiesing ten gunste van Mahmoud Ahmadinejad beslis. Dit het tot groot opstande in Iran en betogings in ander dele van die wêreld gelei. Daar is sterk gespekuleer dat daar met die uitslae van die verkiesing geknoei is.

Maar wat het dit met ons te doen dat Mahmoud Ahmadinejad weer president van Iran geword het?

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Paasfees: Jesus Christus Waar of Vals?

In hierdie tyd waar die afvalligheid van die Christelike godsdiens al hoe groter word en die Bybel al meer onder verdenking kom, is dit nodig om die bostaande vraag te vra.  Het Christus wel na die aarde gekom om vir ons sondes te sterf?

Soos in ‘n ander artikel op hierdie webwerf aangedui, is die mens sowel ‘n geestelike as ‘n vleeslike wese. In ons vleeslike stadium is dit onmoontlik om verder as ons vleeslike bestaan te sien (en vir sommiges om te dink). Ons kan God nie sien nie, aangesien Hy Gees is. Johannes 4:24:  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Jesus Christus moes as mens na die aarde kom. Daarom moes Hy volkome mens wees, en moes Hy deur wie alles ontstaan het, vlees word, sodat ons Hom kon sien en in Hom kon glo. Hy wat een is met die Vader en deur wie alles ontstaan het.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Die duiwel is weer los vandag

Hierdie Afrikaanse spreekwoord word gewoonlik geuiter wanneer baie dinge gelyktydig skeefloop. Maar die duiwel is behoorlik los in hierdie wêreld.

Kyk gerus maar na die massamedia, soos die televisie, koerante en tydskrifte. Dit is godslastering, owerspel, hoerery, dwelms, bedrog, moord en so kan ‘n mens aanhou. En die ergste van alles is dat baie van hierdie sondes soos water van ‘n eend se rug van ons afrol. Die ergste is nog, dat dit in twee groepe verdeel word: die aanvaarbare sondes en die verwerplike sondes. Die aanvaarbare (of sagte) sondes is o.a. godslastering, hoerery en owerspel. Die verwerplike sondes (of harde) is bedrog, diefstal, verkragting en moord.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Maak ‘n bydrae en wen groot!!

Vir slegs R500 per maand kan jy duisende terug ontvang! Klink dit dalk te goed op waar te wees?

Nie as ‘n mens na sekere programme op die Pas7/10 satellietboeket kyk nie. Is dit ‘n belegging of ‘n kasino?

Nee, ek praat hier van sekere kerkgroepe of te wel bedieninge (ministries). Hulle maak beloftes van baie welvaart vir die (goed)gelowige bydraers, en dit in die naam van die Here. Immers, die Bybel leer ons mos, dat as ons vir die diens van die Here bydra, ons baie meer terug sal ontvang. Gooi jou brood op die water, en na vele dae......!

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

Is daar ‘n hemel, en indien wel, waar?

Paulus skryf in 2 Korinthiërs 12:2 (1983 vertaling) “Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel.” Die vraag is: wat is hierdie derde hemel?

Na vroeg-Joodse voorstelling bestaan die hemel uit drie vlakke. Die eerste hemel is dié gebied waar die wolke in voorkom. Dit is die atmosfeer soos ons hom ken. Die tweede hemel is die gebied waar die hemelliggame geplaas is (son, maan en sterre). Die derde hemel is in sy figuurlike sin verhewe bo die atmosfeer en die hemelliggame. Paulus noem dit ook die Paradys.

Voordat ons die hemel bespreek, moet ons eers ‘n kykie kry op wie en wat die mens werklik is.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

...........................................................................................................................................

As die hart gaan staan
31/12/2008

Op die aand van 26 November 2008 het sy hart net gaan staan. Ons het hom die volgende oggend in sy meenthuis se badkamer gekry. Hy was reeds koud en styf. Ons oudste, en enigste seun. Meer nog, my vriend en regterhand. Ek onthou nog die opgewondenheid by sy geboorte. ‘n Seun! Eenuur daardie nag moes ek dit nog vir die bure gaan vertel. Die kroon op my lewe. Maar nou is hy weg na 32 jaar se noue verbintenis.

Hy het nie gesterf nie. Die Here het hom net van ons kom wegneem. Hy het immers sy hele lewe vir sy familie, vriende en die Here geleef. Sy groot wens om predikant te word, kon hy nooit vervul nie. Maar die Here het dit anders gewil, wat ons op hierdie oomblik nie kan begryp nie.

Lees meer >>

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

 
   

Webwerf deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste