Tuisbladsy
Wie is ons
Leeskamer
Uitsendings
Video's
Boeke
Forum
Kontak ons
 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jesus het vir sy dissipels gesê: "Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.
So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word.

Lukas 17:1

 

 

 

 


 

 

Die Leeskamer bevat artikels oor 'n verskeidenheid van onderwerpe.
Hierdie bladsy bevat artikels oor kinders, die jeug en die gesin.
Sien Algemeen vir ander artikels.

<< Algemeen

 
 
 

Groepsdruk
Wietske Boon
www.childtherapist.co.za

Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat jy nie eers werklik daarvan bewus is nie!

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat ‘n positiewe invloed op jou gedrag het

Negatiewe groepsdruk

Negatiewe groepsdruk is enige gedrag wat deur maats afgedwing word en veroorsaak dat iemand sy maats se negatiewe gedrag of waardes naboots. Laasgenoemde sien ons al van kleins af by kinders. Heelwat ouers moes al aanhoor dat ‘almal’ ‘n sekere speelding besit en daarom wil en móét die kind dit ook kry. Dit geld ook vir klere met ‘n spesifieke etiket daarop, veral by tieners. Negatiewe groepsdruk is ook die programme waarna jou kind op televisie wil kyk, aangesien ‘almal’ daarna kyk, alhoewel jy weet dat dit nie ‘n goeie invloed op jou kind kan hê nie.

Groepsdruk is dus nie iets wat net sy verskyning maak wanneer jou kind in die Hoërskool kom nie. Ouers begin meestal eers hul kinders waarsku teen groepsdruk wanneer maats en die portuurgroep se gedrag kommerwekkend word, byvoorbeeld wanneer die portuurgroep met alkohol of sigarette begin eksperimenteer of kru taal gebruik.

Begin reeds op ‘n vroeë ouderdom om jou kind voor te berei om teen groepsdruk op te staan. Hier is ‘n paar wenke om jou te help om jou kind te leer om nie daaraan toe te gee nie.

  • Wees ‘n voorbeeld vir jou kind deur self nie aan groepsdruk toe te gee nie. Onthou jy is jou kind se rolmodel.
  • Maak seker jy het ‘n goeie verhouding met jou kind sodat hy die vrymoedigheid het om met jou te kom praat wanneer hy in ‘n negatiewe situasie beland.
  • Dit is belangrik dat ouers op ‘n vroeë stadium reeds grense vir hulle kinders stel. Verduidelik vir jou kind waarom hy nie sy sin gaan kry nie, waarom jy hom nie gaan toelaat om ‘n televisieprogram te kyk nie, óf nie die spesifieke klere kan gaan koop nie.
  • Leer jou kind wat goeie waardes is. Goeie waardes en ‘n goeie lewensstandaard beteken nie om soos ander mense te wees nie, maar om volgens die wil van die Here te lewe, om Hom te gehoorsaam en jou lewe daarvolgens te rig.
  • Beklemtoon jou kind se positiewe eienskappe. Sodoende bou jy aan jou kind se selfbeeld en selftrots.
  • Leer jou kind dat wat hulle maats sê en doen, nie noodwendig die beste of belangrikste is nie.
  • Vermy maats wat nie jou kind aanvaar vir wie hy is nie, wat nie ‘nee’ as antwoord aanvaar nie en nie ‘n positiewe invloed op jou kind het nie.
  • As iets nie reg voel nie, is dit nie reg nie. Leer jou kind om in so situasie ‘nee’ te sê en weg te stap.

"Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. ... Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”
(Matteus 5:11)

Positiewe groepsdruk

Net soos wat kinders mekaar negatief kan beïnvloed, kan hulle mekaar ook positief ondersteun. Aangesien kinders maklik beïnvloedbaar is, is dit belangrik dat ‘n kind maats het wat ‘n positiewe invloed uitoefen. Hier is ‘n paar voorbeelde waar groepsdruk positief kan wees.

  • Kinders sien wanneer maats se goeie gedrag en maniere beloon word en sal dan hierdie gedrag naboots om ook beloon te word.
  • ‘n Kind sal meer aandag aan sy skoolwerk gee wanneer sy maats dieselfde doen.
  • Wanneer maats aan sport en buitemuurse aktiwiteite deelneem, sal ‘n kind self ook deel van die span wil wees vir die geselligheid en spangees wat daaraan verbonde is.
  • Kinders leer om mededeelsaam te wees wanneer maats mededeelsaam is.

As jy jou kind aan positiewe eerder as aan negatiewe groepsdruk wil blootstel, maak dan seker dat jou kind die regte maats het. Goeie vriendskappe is baie waardevol vir jou kind.

“Daar is party vriende wat net praat maar niks help nie, maar ‘n vriend kan vir jou meer lief wees as ‘n broer.” Spreuke 18:24

Na bo

Stuur artikel aan 'n vriend

..........................................................................................................................................

Vreemde invloede in die samelewing
Dr. Dirkie de Wet

BASIESE INVLOEDSFERE: Ons kan basies van twee invloedsfere in die samelewing praat, die godsdienstige en die sekulêre invloedsfere. Die mate waarmee hierdie invloedsfere funksioneer of toegelaat word om invloed op die gesin uit te oefen, sal ook bepaal in watter mate die gesin gebou word, stagneer of verbrokkel. Die ouer, predikant, kategeet, onderwyser moet die jeug bewus maak van die vernietigende krag van die negatiewe en vreemde invloede in die samelewing en moet die Christelike waardes deur woord en daad aan die jeug kommunikeer om die negatiewe invloede teen te staan.

KULTUURREVOLUSIE: Die huidige kultuurrevolusie wil tradisionele kultuurgroepe vernietig om plek te maak vir ‘n wêreldburgerskap. Dit beteken dat taal, godsdiens en tradisies prysgegee moet word en dat die kind losgemaak moet word van sy kulturele ankers. In plek van die kulturele ankers word ander praktyke in die gemeenskap aangebied wat 'n strydige uitwerking op die Christelike opvoeding het. Die kind se oordeelsvermoë word hierdeur versteur om korrekte keuse te maak. In hierdie drukgang van besluitneming tussen al die godsdienstige en wêreldse aanbiedinge, word al hoe meer kinders op ‘n jonger ouderdom vir dwelmverslawing behandel.

MULTIKULTURELE SAMELEWING: In die Suid-Afrikaanse konteks is 'n multikulturele samelewing reeds sterk gevestig wat vir die Christelike geloof 'n probleem kan wees. Die Christelike godsdiens kan binne die multikulturele samelewing aan die een kant vir politieke gewin gebruik word, maar kan aan die ander kant ook tot verdeling in kulturele groepe in die samelewing lei waarna as kulturele oorlog verwys kan word. Dit het vir die kerk nodig geword om opnuut binne die gemeenskap plek in te neem waar dit irrelevant begin word het. Die brug tussen die kerk en samelewing is in ‘n sekere sin opgeblaas. Daarom moet die kerk dit sterk oorweeg om in vennootskap met die staat en markplein saam te werk vir ‘n beter bedeling vir almal in Suid-Afrika. God het sy kerk in die wëreld ingestuur om in alle uithoeke die boodskap van verlossing te verkondig. Die kerk moet dus ook hierdie opdrag in die plaaslike owerheid en die besigheidsektor uitvoer. ‘n Beter voorbeeld as Jesus Christus self, kan ons nie vind wat hierin gehoorsaam was nie.

GESINNE SE VERANTWOORDELIKHEID: Die gesin en elke gesinslid afsonderlik moet tot die besef gelei word dat elkeen 'n spesifieke en unieke funksie in die gesin, gemeente en samelewing het om die Christelike godsdiens en kultuur met gehoorsaamheid aan God te hanteer. Die ideologiese en geestelike verwarringe in die samelewing is genoeg rede tot bekommernis, maar dit is ook 'n motivering om met Christelike waardes in die samelewing 'n positiewe en opbouende invloed te kan hê. Tieners moet na aanleiding van 'n wêreldwye behoefteuitspraak deur tieners self binne die ondersteuningsraamwerk van 'n gesin en ander leiers geleer word om Christelike waardes binne die gemeente en gemeenskap te kommunikeer.

AANBEVELING: Omdat hierdie vreemde invloede uit verskillende rigtings deur verskillende kanale die gesin binnedring, moet hierdie kanale geïdentifiseer word. Dit is dus nodig om die sekulêre wêreld in hierdie opsig voortdurend te ondersoek. Die volgende aanbevelings word gemaak om die gemeente en gesin te ondersteun om Christelike waardes in die multikulturele situasie oor te dra, naamlik:

(1) Versterking van gesinsverhoudings d.m.v. gesinsbediening.
(2) Geloofsgesentreerde en gemeenskapsgerigte Christelike opvoeding.
(3) Om die gemeente as ‘n gesin, die huishouding of familie van God te beskou.
(4) Die skep van 'n Christelike jeug-subkultuur in die samelewing om die jeug van vroeg af te leer hoe om hul Christelike waardes teenoor hul maats en ander persone uit te leef.

dirkiedewet@absamail.co.za, 011-913-4143, 072-844-8073
(Skriba van Sinode Hoëveld se Diensgroep Jeug, het ‘n netwerk, Kruisnet, vir jeugleiers ontwikkel asook ‘n Handleiding vir Kinder- en Jeugwerkers wat op www.kerkweb.org beskikbaar is.
Spesialisasie: Gemeenskapsgerigte Tiener- en Gesinsbediening.)


Na bo

..........................................................................................................................................

Die invloed van die televisie se programme op kinders
Wietske Boon

(www.childtherapist.co.za)

‘EK GROEI SOET.’ Is dit wat jy van jou kind sê wat voor die televisie grootword of ‘n gedeelte van die dag sonder toesig voor die televisie deurbring?  Is die programme wat jou kind kyk werklik so opvoedkundig of ontspannend?  Hier is ‘n paar riglyne waarvolgens jy die invloed wat televisieprogramme op jou kind het, kan meet:.

EK GROEI SOET

Ervaring van die program
Konsentrasievlak

G
ehoor
Realiteitsbesef en onderskeid met fantasie
Ouderdom
Ervarings uit die verlede
Identifisering

S
ig
Onbewuste ervaring
Energie
Toesig

Lees hier verder>>

Na bo

..........................................................................................................................................

Webwerf deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste