|
| Gedagtes vir die dag |
6 September 2010
05/09/10 Webmeester
|
Hoe baie keer bid ons nie:
"Here, U weet wat is die beste vir ons,
lei U ons op die pad vorentoe".
En wanneer Hy dit doen, dan dink ons:
a) Nee, dit kan sekerlik nie wees nie..... óf
b) Nee, dis nie wat ek in gedagte gehad het nie...óf
c) So, gaan ek nie ryk word nie ....
- daar moet 'n ander uitweg wees.
|
................................................................................................................................................
|
3 September 2010
02/09/10 Webmeester
|
In die donker van die nag kan 'n mens nie goed sien nie,
daarom hoor 'n mens beter.
Soms bring God ook vir ons donkerheid in hierdie wêreld,
sodat ons na Hom kan luister.
|
................................................................................................................................................
|
2 September 2010
01/09/10 Webmeester
|
Dit is maklik om ons verantwoordelikhede te ontduik,
maar ons kan nie die gevolge van die ontduiking
van ons verantwoordelikhede,
ontduik nie.
Bron onbekend
|
................................................................................................................................................
|
1 September 2010
31/08/10 Webmeester
|
Wees versigtig hoe jy leef.
Jy mag dalk die enigste Bybel wees
wat sommige mense ooit sal lees.
Bron onbekend
|
................................................................................................................................................
|
31 Augustus 2010
31/08/10 Webmeester
|
Moenie die Here vra om jou te lei,
as jy nie bereid is om self
jou voete op te tel nie.
Bron onbekend
|
................................................................................................................................................
|
30 Augustus 2010
29/08/10 Webmeester
|
"Wag, wanneer is die nag verby?
Wag, wanneer is die nag verby?"
Die wag antwoord:
"Die môre het gekom, maar dit is nog nag.
As julle weer wil kom vra, kom vra gerus,
julle kan elke keer weer kom vra." (Jesaja 21:11,12)
Maar ons hoef nie te vra nie,
ons moet maar net ons oë rig op die helder Môrester (Open 22:16),
dan sal ons weet dat die nag byna verby is.
Die donker nag oor hierdie wêreld sal nog net ‘n kort rukkie duur.
|
................................................................................................................................................
|
27 Augustus 2010
26/08/10 Webmeester
|
Daar is min mense wat nie 'n afkeer aan die duiwel het nie,
maar tog glo van nature almal eerder die duiwel as vir God.
Albert Bitzius, Switserse predikant (1797 - 1854)
|
................................................................................................................................................
|
26 Augustus 2010
25/08/10 Webmeester
|
Jaloesie voer,
volgens sy duiwelse oorsprong,
die verwoesting met hom mee;
waarin dit reeds verkoelde, onverskillige harte
met 'n vlammepyn martel;
wat die slagoffer as nuwe opvlammende liefde beskou,
terwyl dit tog net van nyd aangevuur word,
van afguns, selfsug, ydelheid,
van die gemeenste magte,
wat met ons sterflikes hulle spel speel.
Karl von Holtei, Duitse skrywer (1798 - 1880)
|
................................................................................................................................................
|
25 Augustus 2010
24/08/10 Webmeester
|
'n Mens moet daaraan dink om andere te verdra,
soos jy self verdra wil word.
Die probleem is dat meeste mense nie glo
dat andere ook iets van hulle moet verdra nie.
Jeremias Gotthelf, Switserse predikant (1797 - 1854)
|
................................................................................................................................................
|
24 Augustus 2010
23/08/10 Webmeester
|
Geloof is soos elektrisiteit.
'n Mens kan nie een van beide sien nie,
maar albei bring lig voort!
Willy Meurer, Duits-Kanadese koopman
|
................................................................................................................................................
|
23 Augustus 2010
23/08/10 Webmeester
|
Slegs die geloof is bo alle twyfel verhewe.
Wolfgang Mocker - Duitse journalis
|
................................................................................................................................................
|
20 Augustus 2010
20/08/10 Webmeester
|
Laat ons dan nie moeg word
om goed te doen nie,
want as ons nie verslap nie,
sal ons op die bestemde tyd
ook die oes insamel.
(Galasiërs 6:9)
|
................................................................................................................................................
|
19 Augustus 2010
18/08/10 Webmeester
|
Die mens streef só lank daarna om vry te wees;
totdat hy deur Jesus Christus bevry word.
|
................................................................................................................................................
|
18 Augustus 2010
17/08/10 Webmeester
|
Die beste manier om jou onafhanklikheid te verloor,
is om geld uit te gee wat jy nie besit nie.
Kemal Atatürk (1881 - 1938)
|
................................................................................................................................................
|
17 Augustus 2010
16/08/10 Webmeester
|
Met die byl splits 'n mens hout.
Met die tong 'n hele familie.
(Peter Amendt, Franciskaner)
|
................................................................................................................................................
|
16 Augustus 2010
15/08/10 Webmeester
|
Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here,
tot in julle grysheid sal ek julle dra.
Ek het julle gemaak
en Ek sal julle vashou,
julle dra en julle red.
(Jesaja 46:4)
|
................................................................................................................................................
|
13 Augustus 2010
12/08/10 Webmeester
|
Vir mense wat nie hulle verstand gebruik nie,
voel opvoeding soos boeie aan hulle voete;
soos handboeie aan hulle regterhand.
Vir verstandige mense is opvoeding
soos 'n goue ornament;
soos 'n mooi armband aan die regterhand.
(Wysheid van Jesus Ben Sirag)
|
................................................................................................................................................
|
12 Augustus 2010
11/08/10 Webmeester
|
Tyd is 'n skat wat daagliks verminder.
Ons het weinig daarvan en verloor te veel,
as ons nie elke dag as 'n bousteen benut nie.
Friedrich Martin von Bodenstedt, (1819 - 1892)
|
................................................................................................................................................
|
11 Augustus 2010
10/08/10 Webmeester
|
Moet in teëspoed nie dadelik moedeloos word nie!
Wag eers, dit mag dalk vir jou 'n boodskap inhou!
Friedrich Karl Oehler, (1844 - 1910)
|
................................................................................................................................................
|
10 Augustus 2010
10/08/10 Webmeester
|
Die Here eis dat ons Hom altyd voorop sal stel,
sodat die wêreld nie vir ons sorge baar nie.
Maar ons keer dit om:
ons probeer eers ons eie begeertes bevredig;
ons eie sorge te bowe kom;
en dan, miskien, as daar nog tyd oor is,
sal ons Hom in gedagtenis hou.
|
................................................................................................................................................
|
9 Augustus 2010
08/08/10 Webmeester

6 Augustus 2010
05/08/10 Webmeester
|
'n Vriend is 'n wese
wat ons aanvaar,
nieteenstaande ons foute en tekortkominge
Johann Georg Forster, (1754 - 1794)
|
................................................................................................................................................
|
5 Augustus 2010
04/08/10 Webmeester
|
My verhouding met mense sal net verbeter,
as my verhouding met God, my gebed, verbeter.
Ignaz Seipel, Oostenrykse bondskanselier (1876 - 1932)
|
................................................................................................................................................
|
4 Augustus 2010
03/08/10 Webmeester
|
Vir 'n goeie begin is begeestering nodig,
vir 'n goeie einde, dissipline.
(Prof. Hans-Jürgen Quadbeck-Seeger, Duitse chemikus)
|
................................................................................................................................................
|
3 Augustus 2010
02/08/10 Webmeester
|
'n Mens kan nie met gebalde vuiste
hande skud nie.
|
................................................................................................................................................
|
2 Augustus 2010
01/08/10 Webmeester
|
Laat ons ons amp en plig, O Heer,
getrou behartig tot U eer;
en laat U guns ons werk bekroon,
U Gees ons lei en in ons woon!
(Uit die Môresang)
|
................................................................................................................................................
|
30 Julie 2010
29/07/10 Webmeester
|
Pasop dat die grootste geveg van jou lewe
nie daarom gaan
om jou foute te probeer verberg nie,
maar eerder
om hulle te probeer oorwin.
Friedrich Rittelmeyer - Duitse teoloog (1872 - 1938).
|
................................................................................................................................................
|
29 Julie 2010
28/07/10 Webmeester
|
Vele mense skep hulle eie wêreldbeskouing
sonder dat hulle die wêreld aanskou het.
Otto Kimmig (1858 -1913)
|
................................................................................................................................................
|
28 Julie 2010
27/07/10 Webmeester
|
Die Waarheid verander nooit nie.
Die Waarheid is nie tydgebonde nie.
Die Waarheid is nie kultuurgebonde nie.
Die Waarheid is nie op teorieë gebou nie.
Die Waarheid sal ewig by ons wees.
Die kennis van die Waarheid is tot almal se beskikking.
Daar is een en slegs een Waarheid.
Die Waarheid is die lewe, en die lewe is die Waarheid.
|
................................................................................................................................................
|
27 Julie 2010
27/07/10 Webmeester
|
Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het
aan sy dienaars die profete nie (Amos 3:7).
........................
Moet dus nie beangs raak oor die afvalligheid van die wêreld nie -
want die laaste afvalligheid moet eers kom
voordat die dag van die Here aanbreek. (2 Thes 2:3).
Wie egter volhard tot die einde toe,
sal gered word. (Matt 10:22)