Hieronder is 'n paar boeke waarna jy kan kyk.

Dié Weg en CUM gee elke maand drie boeke gratis weg. Sien hieronder vir meer inligting.

Kry 'n gratis Bybel vir jou selfoon. Gaan met jou selfoon na: m.bibles.co.za

     

Die vogende persone ontvang elk 'n gratis boek met die komplimente van Cum en Dié Weg (Januarie 2012):

Annetjie Kruger, Kriel - God het my gekies
Elize Koch, Meerensee - Wanneer God stilbly
Ria Willers, Pretoria Noord - Wees ’n nuutgemaakte vrou


LW! Dié Weg vereenselwig hom nie noodwendig met die inhoud van die boeke wat hier gelys word nie.

____________________

 

Ontdek die verhaal van die Bybel soos wat jy dit nog nooit vantevore gelees het nie. Die Storie is die volledige verhaal in die Bybel, van Genesis tot Openbaring, saamgevat in 31 hoofstukke. Uittreksels uit die Skrif is in ’n chronologiese verhaal saamgeweef. Die enigste toevoegings is oorgange om elke hoofstuk vloeiend te laat lees, ’n tydlyn, en ’n klompie kaarte en vrae.

Die Storie vertel die storie van die Bybel en God se liefde vir die mensdom. Soos enige goeie storie is dit gevul met intrige, drama, konflik, romanse en redding. Dit is die verhaal van die Bybel in die Bybel se eie woorde.

As jy nog altyd daarna gesmag het om die volle verhaal van die Bybel te ontdek, is hierdie boek beslis vir jou. Dit is ’n unieke leeservaring wat jy nie sal kan neersit nie.

Voorwoord deur Max Lucado en Randy Frazee

Die storie is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 99.95


Een gelukkige leser kan ’n gratis eksemplaar van Die Storie ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Storie in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2012.
___________________________________________________________________________________
 

“U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly.” (Psalm 23:6) Wat ’n wonderlike versekering om te weet dat God se nimmereindigende goedheid ’n mens altyd op jou lewensreis vergesel.

In die sonskyn van God se goedheid is ’n samestelling van 366 dagstukke deur gewilde outeur Nina Smit in grootdruk-formaat. Sy fokus in hierdie dagstukke op temas soos:

• Leer ken jou Bybel
• Die geskenk van genade
• Geestelike groei
• Die betekenis van Jesus se koms

Hierdie dagboek sal lesers verseker van God se liefde en hulle help om elke dag die goedheid en seëninge wat ons uit sy hand ontvang aan te gryp en waarlik te lééf.

In die sonskyn van God se goedheid is ’n dagboek wat lesers sal inspireer om ook God se goedheid met ander mense te deel en vir ander tot seën te wees.

Nina Smit is die topverkoper-outeur van meer as 150 boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

In die sonskyn van God se goedheid is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 129.95


Een gelukkige leser kan ’n gratis eksemplaar van In die sonskyn van God se goedheid ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Sonskyn in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2012.
___________________________________________________________________________________
 

Jy het nog nooit ’n dagboek soos hierdie gelees nie! Ewald van Rensburg gebruik ’n briljante konsep om kinders se aandag vas te vang. In 52 weke gaan die leser saam met die hoofkarakters, Henry en Michelle, op ’n wonderlike avontuur. Hulle het ’n unieke rekenaarspeletjie wat hulle tot in die Bybel se tyd verplaas sodat hulle Bybelse karakters ontmoet en alles saam met hulle ervaar, asof hulle sélf daar was!

Behalwe vir die avontuur saam met Henry en Michelle leer lesers ook elke dag iets interessants oor die Bybel én oor God se wêreld, soos waar sjokolade vandaan kom. Elke gedeelte sluit af met ’n toepaslike gebed. En om die avontuur nóg meer opwindend te maak, stuur iemand vir Henry en Michelle boodskappe wat ook die leser aan die raai hou.

Minder jy, meer Jesus is ’n wonderlike manier vir kinders om die Bybel te leer ken en werklik God se liefde en nabyheid te ervaar.

Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familie¬bediening en is predi¬kant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer. Ewald is getroud met Beatrix, en hulle het twee kinders.

Minder jy, meer Jesus is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 89.95


Een gelukkige leser kan ’n gratis eksemplaar van Minder jy, meer Jesus ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Minder in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2012.
___________________________________________________________________________________
 

Wat beteken dit om te weet hoe nodig ’n mens God het? Hoe kan ek ’n vredemaker wees? Hoe kan ek ’n vrou wees wat bekend is vir my hart wat op God gerig is? Barbara Henry raak hierdie vrae en nog meer aan in hierdie Bybelstudie oor die saligsprekinge.

Matteus 5 gee Jesus se riglyne vir vreugde en seën in hierdie aardse lewe, maar ook in die hemel. Die saligsprekinge gee vir ons ’n padkaart na vryheid van die sonde wat ons so miserabel maak.

Wees ’n nuutgemaakte vrou moedig vroue aan om God se Woord te bestudeer en die vrymaking van sonde te ontdek wat hulle s’n kan wees wanneer hulle hul harte oopstel vir die werk van Christus. Elke les in hierdie Bybelstudie wat oor 8 weke (met studies vir 5 dae van die week) strek, fokus op vier Bybelse karakters en hoe hulle verander en vernuwe is deur die beginsels wat in die saligsprekinge vervat is.

Barbara Henry het ’n BA in Opvoedkunde van Covenant College en ’n MA in Bybelse berading van Colorado Christian University. Sy is al meer as 30 jaar betrokke by vrouebediening deur Bybelstudies vir vroue aan te bied en te skryf en geestelike leiding te gee vir individue. Haar passie om ander toe te rus vir die bediening het van haar ’n gewilde spreker gemaak by kerke oor die hele Amerika heen.

Wees ’n nuutgemaakte vrou is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 99.95

___________________________________________________________________________________
 

Daar is baie lewenslesse wat ons kan leer uit die verhaal van Job. In Wanneer God stilbly verduidelik Johan Smit dat ons, net soos Job, soms ook te staan kom voor tragedies en die ontnugterende gevolge daarvan.

Hierdie Bybelstudie is nie ’n teks-vir-teks-ontleding van die boek Job nie, maar lig in 25 dele die belangrikste temas uit, soos:

• Waarom gebeur slegte dinge met my?
• Is lyding die straf op sonde?
• Waar kan ’n mens wysheid vind?
• God praat op verskillende maniere.

Johan Smit sluit af met ’n bylaag bestaande uit drie hoofstukke oor sake soos die doel van lyding, die Christen en lyding en hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.

Wanneer God stilbly gaan nie net oor iemand besonders wat lank gelede geleef het nie, maar oor die manier waarop die lewende God vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike omstandighede.

Johan Smit het al ongeveer 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.

Wanneer God stilbly is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 69.95

___________________________________________________________________________________
 

Paulus se brief aan die Efesiërs vertel hoofsaaklik hoe God die kerk uitgekies en Syne gemaak het, maar ook hoe die kerk in hierdie wêreld tot God se eer moet lewe. In God het my gekies fokus Ben de Klerk op die hele Efesiërbrief.

Die 29 goed gestruktureerde, gedetailleerde hoofstukke in hierdie Bybelstudie word elkeen ingedeel in die volgende:

• ’n oorsig oor ’n spesifieke perikoop
• ’n bespreking wat vir die leser insig gee
• vrae wat die leser laat nadink en die gedeelte toepaslik maak vir vandag
• gebedsriglyne wat by die onderwerp aanpas

God het my gekies sal lesers opnuut laat dink oor sake soos wat kerk presies is, hoe ons kerkeenheid kan bewaar en versterk, en ons unieke identiteit as Christene.

Ben de Klerk was eers ’n predikant voordat hy as professor begin doseer het by die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Hy het die volgende grade verwerf: BA, ThB, ThD in Nuwe Testament en ’n ThD in Praktiese Teologie. Hy is outeur of mede-outeur van verskeie boeke en akademiese artikels. Ben is getroud met Marie en hulle het vier kinders en ook kleinkinders.

God het my gekies is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R 89.95

___________________________________________________________________________________