Tuisbladsy
Wie is ons
Leeskamer
Uitsendings
Video's
Boeke
Forum
Kontak ons
 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Spreuke 4:7

 

 

Hieronder is 'n paar boeke waarna jy beslis kan kyk.

Dié Weg en CUM gee elke maand drie boeke gratis weg. Sien hieronder vir meer inligting

 

Kry 'n gratis Bybel vir jou selfoon. Gaan met jou selfoon na: m.bibles.co.za

________________________________________________________

     
  In Die Rots waarop ek staan bevestig Hannes Burger in 366 dagstukke die eeue oue beginsel dat ’n huis wat op sand gebou is, geen kans het teen die storms van die lewe nie. Die enigste manier om diepgewortel en onveranderlik vas te kan staan, is om veranker te wees in die Rots van ons geloof, die ewige en betroubare Een wat ewig en onwankelbaar God is. Geen aan-slag, storm of vyand kan hierdie fondament vernietig nie.

In Die Rots waarop ek staan bevestig Hannes Burger dat God Homself al oor en oor aan mense bewys het as die Betroubare, wat altyd daar is, selfs ook deur tye wat mense min erg aan Hom gehad het. Daarom kan sy kinders die onsekere toekoms saam met Hom ingaan. Op Hom kan mense staatmaak!

Hannes Burger is ’n gewilde skrywer-predikant wat die hart van mense ken en graag die Bybel se boodskap vir hulle lewe oopsluit. Hy het ’n ruk lank die kinderrubriek in Die Kerkbode behartig. Hy het alreeds verskeie geestelike boeke geskryf.

Die Rots waarop ek staan is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R119.95


Een gelukkige leser kan ’n eksemplaar van Die Rots waarop ek staan ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Rots in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 30 September 2010.

___________________________________________________________________________________
     
  In ’n Veilige skuilplek wil Nina Smit lesers bewus maak van hoe belangrik hul lewensreis se eindpunt is – want as ’n mens uiteindelik nie by die regte bestemming uitkom nie, is jou hele reis eintlik tevergeefs. Sonder God is ’n mens se reis van meet af aan ’n mislukking.

In ’n Veilige skuilplek verseker Nina Smit lesers in 366 oordenkings dat God reeds die pad ken wat hulle moet stap. Hy is ’n skuilplek wanneer dit moeilik gaan en deur sy genade kan iemand die krag kry om elke dag se struikelblokke te oorkom. Lesers sal besef God se teenwoordigheid bring seën. Dié dagboek fokus op temas soos: verhoudings, God se teenwoordigheid in jou lewe, genade en swaarkry-tye.

’n Veilige skuilplek sal lesers opnuut bekragtig in die reis van die lewe, om nie net hul bestemming te bereik nie, maar ’n vreugdevolle reis te geniet. Die waardevolste reis wat ’n mens ooit gaan aanpak, is om God te leer ken.

Nina Smit is die topverkoper-outeur van bykans 150 boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

’n Veilige skuilplek is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R119.95


Een gelukkige leser kan ’n eksemplaar van’n Veilige skuilplek ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Skuilplek in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 30 September 2010.

___________________________________________________________________________________
     
  In Pitkos met ’n punch gee gewilde skrywer Ewald van Rensburg in 365 dae vir jongmense daaglikse pitkos (dagstukke) met interessante opskrifte soos: Vandag se special (Skrifgedeelte), die hoofmaaltyd (oulike storie), Red Hot Chilli Peppers (iets om jong-mense uit te daag) en ’n take-away (ietsie ekstra wat lesers kan gaan oordink). Hy gebruik die vier Evangelies as basis vir elke dag se “maaltyd”.

Pitkos met ’n punch sal jongmense help om te chill en uit te vind wat Jesus van hulle verwag. Ewald van Rensburg bespreek in 365 dagstukke kwessies wat jongmense raak, soos eerlikheid, menseverhoudings, hoe om jou geloof uit te leef, God se liefde vir jou, tweede kanse ... Voeg alles by mekaar en jy vind uit hoe om ’n lewe te leef wat werklik tot God se eer strek.

Pitkos met ’n punch sal jongmense leer dat hulle nou al vir ander ’n stukkie hemel kan bied deur op aarde soos Jesus te leef.

Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer.

Pitkos met ’n punch is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R119.95


Een gelukkige leser kan ’n eksemplaar vanPitkos met ’n punch ontvang. Stuur ’n e-pos na kompetisie@cum.co.za met Dié weg/Pitkos in die onderwerpreël asook jou posadres en telefoonnommer in die boodskapblok.
Sluitingsdatum: 30 September 2010.

___________________________________________________________________________________
     
  Ons leef in ’n tyd van toenemende onsekerheid, wanhoop en duisternis, en die moderne mens is al hoe minder in staat om blywende vrede, vreugde en sinvolheid te vind. Die mens wat die ware Lig ontdek het, se lewe vertel egter ’n heel ander verhaal: dié van blydskap, hoop en vooruitsig.

In Omdat jy glo lei topverkoper-outeur Solly Ozrovech jou om in 366 dagstukke opnuut te ontdek dat die Leidsman jou oproep tot bekering, gehoorsaamheid en ’n dieper gemeenskap met Hom. Die maandelikse temas fokus op Jesus Christus as leidsman onder meer deur: die doel van sy koms, sy verhouding met ander mense, sy leerstellings, sy lyding, sterwe en opstanding en sy liefde.

Omdat jy glo sal lesers help om te luister na die stem van die Meester sonder gelyke en te wandel in die lig van Hom wat is, wat was en wat weer kom: Jesus Christus ons Here.

Solly Ozrovech was vir meer as 40 jaar predikant in die Kaapprovinsie, waarna hy hom voltyds begin toespits het op die skryf van Christelike boeke. Uit sy pen het reeds meer as 230 boeke verskyn, elkeen ’n trefferboek in eie reg.

Omdat jy glo is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R119.95

___________________________________________________________________________________
     
  Mans is daagliks baie besig tussen hulle gesin, beroep en vriende. Iewers tussenin wil hulle graag tyd saam met die Here ook bestee.

Die Bybel in 366 dae vir mans is ideaal vir besige mans. Dit is ’n wonderlike geleentheid om in ’n jaar die essensie van die Skrif deur te lees met ’n oordenking deur gewilde outeur Stephan Joubert.

Teksgedeeltes kom uit die Nuwe Lewende Vertaling en is met sorg uitgekies sodat die kern van die Skrif weergegee word en elke dag se gedeelte ’n sentrale boodskap het.

Die Bybel in 366 dae vir mans sal mans help om te midde van baie druk steeds by die Vader uit te kom en daarmee saam ook die Bybel opnuut te ontdek. Dié boek sal mans daagliks versterk en toerus vir ’n lewe saam met God.

Stephan Joubert is buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Daar het al verskeie boeke uit sy pen verskyn waarvan hy die outeur of mede-outeur is. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Die Bybel in 366 dae vir mans is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R99.95

___________________________________________________________________________________
     
  Is jy ook mal oor pizza en hamburgers, maar jou ma sê dis nie goed vir jou nie? Het jy ook al so kwaad geword vir jou maatjie dat jy lelike goed gesê het, en nou voel jy skuldig? Wonder jy ook of kinders regtig iets vir die Here kan doen?

101 met Jesus bevat 101 oordenkings wat daagliks op ’n Bybelkarakter fokus. Dié dagstukke is spesiaal vir kinders geskryf, want kinders is vir die Here oneindig kosbaar.

Bekende skrywer van veral jeugboeke, Johan Smith en sy vrou, Helena, wil graag in dié dagboek vir kinders vertel van die wonderlike Vader, sy Seun, Jesus, en die Heilige Gees wat in almal bly. Hulle vertel ook vir kinders van baie grootmense en kinders in die Bybel wat die Here met blydskap gedien het, maar net so baie mense wat teen die Here gedraai het en toe iets wonderliks gemis het ...

101 met Jesus is ’n heerlike avontuur vir elke kind en sal kinders help groei in hul verhouding met Jesus.

Johan Smith is al twintig jaar betrokke by jeugbediening. Hy is tans hoof van die jeugbediening by NG Gemeente Moreletapark in Pretoria. Johan het al twaalf boeke die lig laat sien. Sy vrou, Helena, is ’n laerskoolonderwyseres en het vir vier jaar voltyds vir die VCSV gewerk in laerskoolbediening. Johan en Helena is albei opgeleide kinder-evangeliste en het al drie boeke saam geskryf. Hulle het drie kinders: Louise, Dirk en Marli.

101 met Jesus is beskikbaar by die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) teen R89.95

___________________________________________________________________________________
     
 

Baie kinders lees die Kinderbybel maar ontgroei dit op 'n stadium en omdat daar nie 'n opvolgbybel vir hulle is nie, is die sprong van Kinderbybel na die Bybel te groot. Tieners gaan deur die moeilike tienerjare en dit is juis daardie tydperk wat hul 'n Bybel moet kan lees wat hulle verstaan - en nou is dit juis daardie tydperk wat daar nie so 'n boek is om in hul geestelike behoefte te voorsien nie.

Die Tienerbybel is daar om hulle in voeling te hou met die Skepper en hulle belangstelling verder te prikkel. Hulle sal daarin lees dat die Here hulle liefhet, baie tieners voel soms niemand het hulle lief nie en baie pleeg ook selfmoord. Hierdie versekering dat die Here hulle liefhet moet hulle kan lees sodat dit hulle staande hou.

Op die voorblad is die woord 'INRI". Dit beteken "Die Koning van die Jode". Jesus is vandag ook ons Koning, vir almal oud en jonk. Die Tienerbybel is ook vir almal - oud en jonk.

Die Tienerbybel is beskikbaar by die Afrikaanse Nuusagentskap teen R139.85
___________________________________________________________________________________

 

 

 
   

Webwerf deur Ontoweb Media en Inligtingsdienste