________

 

Die vlinder is die simbool van die opstanding. Net soos ‘n verterende ruspe eers deur ‘n metamorfose gedurende die papie stadium moet gaan voordat ‘n vlinder te voorskyn kan kom, so sal die materiële mens ook eers moet sterf voordat hy met ‘n volmaakte liggaam in God se ewige heerlikheid kan opstaan.

“want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word”
1 Korintiërs 15:52

________

En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

________

Nuttige skakels

 
 
     
 
     

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag
Gedagte vir die dag en Boodskap vir die dag per epos wil ontvang.
Dit is gratis

Tema: In geloof deur die woestyn na die Beloofde Land
_____________________________________________________________

 

27 Januarie 2012
Gedagte vir die dag

Is dit nie eienaardig nie
dat mense so graag vir hulle geloof veg
maar so min volgens sy voorskrifte leef.
 - Georg Christoph Lichtenberg (1742 – 24 February 1799) –

Kry onder Die lewe antwoorde op jou kwelvrae en troos in beproewing.
Onder Boodskappe vind jy die volledige versameling van daaglikse boodskappe.
Gedagtes bevat alle vorige Gedagtes vir die dag.
Luister na direkte uitsendings of geredigeerde uitsendings van preke onder Uitsendings

_____________________________________________________________

Dié Weg en Cum gee hierdie maand weer drie boeke gratis weg.
Meer inligting is onder Boeke te kry.
_____________________________________________________________

Boodskap vir die dag

God se trou van geslag tot geslag (1)

Hy het groot dinge aan my gedoen

"Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam. En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees". Lukas 1:49-50.

Maria loof die Here en sing: "My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam" (Luk 1:46-49). Ons kan wel sê: “Ja, die engel het immers aan haar verskyn. Sy is die enigste vrou in die hele wêreld wat deur God geroep is om die moeder van Jesus te wees! Dit is tog duidelik dat sy dankbaar moes wees en kon roem op die groot daad van God in haar lewe”. Maar dalk moet ons dit nie so vinnig sê nie. Laat ons eers ‘n bietjie nadink oor haar situasie. Sy sou as ‘n egbreekster verwerp word, Josef sou haar verlaat, hoe sou sy die saak met haar Kind alleen kon hanteer en alleen in die wêreld bring? Vrae op vrae! Was dit miskien ook die rede waarom sy vir drie maande vêr weg in die berge by haar bejaarde bloedverwant Elisabeth rus gaan soek het? Nee, uit ‘n suiwer menslike oogpunt was Maria se posisie beslis nie gemaklik nie.

Dink ons ook daaraan dat sy geweet het watter lydensweg die Messias voor hom gehad het? Kan ons ons ‘n moeder voorstel aan wie daar vertel word dat haar seun, terwyl hy nog jonk is, in die hande van misdadigers sou val, en dat sy sou toekyk hoe hy gefolter en uiteindelik smadelik gedood word? Maria het die profetiese woord van Jesaja 53 geken. Maar Maria dink nie daaraan nie. In plaas van ‘n klaaglied sing sy ‘n loflied uit dankbaarheid: “Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam” .

Mark Driscoll (‘n bekende prediker) het gesê dat hy weekliks ‘n joernaal byhou van al die bewyse van God se genade wat hy gedurende daardie week beleef het. Daarby bid hy: “Here, herinner my aan al die goedheid wat U my hierdie week bewys het”. Dan skryf en skryf hy, en nie lank nie dan sing en loof hy die Here vir Sy goedheid!

Wanneer jy met vertwyfeling en ontmoediging veg, met depressie en treurigheid, wanneer vriende jou verlaat het en jy eensaam is, sit dan en hou boek van al die goedheid wat die Here aan jou bewys het. Vergeet die swaar, maar tel die goeie bymekaar. Stel ‘n lys op van die eindelose genade wat God jou in die loop van jou lewe bewys het. Maar asseblief, hou genoeg papier byderhand. En hou dan vas aan wat Dawid gesing het:  "Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!  Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees," (Ps 103:2-3).

Het God ons nie wonderbaarlik uitgered, ons geloof versterk, ons so wonderlik in Sy Woord onderrig, ons harte verander en ons deur alle gebreke en behoeftes heen gedra tot dié dag wanneer ons Hom sal aanskou nie?

Ongelukkig neem ons die dag vir dag se goedheid wat God ons betoon as vanselfsprekend aan. Laat ons daadwerklik ‘n keer neerskryf hoeveel goedheid die Here ons bewys het, en ek glo, dit sal met ons soos met Maria gaan. Ons sal bid en met haar sing:  “Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen!”. Maar Maria staan nie by haarself stil nie, sy kyk na die geskiedenis van die volk Israel, en sy sien die lyn van genade en roep uit: “En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

(Word vervolg)

Ds. Wolfgang Wegert* 
* Arche Evang-reformierte Freikirche Hamburg

Boodskap argief

'n Perspektief op die Lewe

Oplossings vir die kwellings van hierdie wêreld

Die mens van vandag het beslis rede om ongemaklik en selfs vreesbevange te voel. Die wêreld is vasgevang in 'n groeiende maalkolk van morele-, ekonomiese-, geregtelike- en politieke onstabiliteit wat alle dimensies van ons menswees beïnvloed. Daar is diefstal, bedrog, verkragtings, moord, korrupsie in ons onmiddelike omgewing. Op die wêreldskaal is daar oorloë, oorstomings, droogte, hongersnood, resessie en 'n depressie wat ons voor die deur staan. Daar is mense soos Ahmedinejad (president van Iran) wat glo dat hy die weg moet baan vir die koms van Muhammad al-Madhi as die twaalfde Imam - 'n tipe messias aan die einde van die tyd.

Vanuit sowel die Christelike, Joodse en Moslem beskouings leef ons aan die einde van die tyd. Hoe raak dit ons as gewone mense? Lees elders meer hieroor.

Hierdie webwerf poog om vir elke persoon nuwe hoop vir die toekoms te bring. ‘n Groter hoop as wat die wêreld ooit kan verskaf. Ons vertrou dat die inligting wat hier geplaas is en nog geplaas sal word vir jou ‘n beter perspektief op die lewe sal bied en vir jou ook persoonlike vreugde en innerlike vrede sal verskaf.

Blaai gerus deur ons bladsye en kyk wat daar vir jou aangebied word.  Lekker lees!

----------------------------------------------------------------------------------

Kopiereg©

Materiaal op hierdie webwerf mag gebruik word op voorwaarde dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.

Geen materiaal op hierdie webwerf mag direk of indirek vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.

 

 

Werfkaart